AfriForum het ’n driepuntplan aangekondig om die Onteieningswet te beveg. Vae terminologie in die wet laat baie ruimte vir interpretasie en skep die geleentheid vir kwaadwillige optrede deur die owerhede. AfriForum sal enduit teen dié wet veg en persone wat geraak word in die hof bystaan.
