AfriForum het vandag namens 700 huishoudings in Bloemfontein aansoek om die kwytskelding van die maandelikse munisipale vullisverwyderingstarief by die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit ingedien. Hierdie munisipale diens ontbreek in groot gedeeltes van Bloemfontein, maar tog dok inwoners steeds daarvoor op.
