AfriForum se Teenboeliespan het hierdie week as deel van Solidariteit Helpende Hand se #Ek is Wondermeisie-projek verskeie skole in die Oos-Kaap besoek om meisies te bemagtig. Meisies is onder meer oor selfverdediging touwys gemaak en oor die wapenrusting van God geleer. “Vir AfriForum se Teenboelie-span is dit belangrik om veligheid in skole te bevorder, want veilige skole sorg vir veilige gemeenskappe,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.
