Daar is ‘n lekker bederfie vir Brendan Peyper se aanhangers

Die spiertier sanger, Brendan Peyper, bederf sy aanhangers weer ’n keer. Voor die uitreiking van ’n nuwe album, reik hy weer ’n eksklusiewe weergawe van sy huidige album, Hy Loop Oop, uit.

Nes sy vorige eksklusiewe uitreiking van sy debuut-album, Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie, kan aanhangers uitsien na verskeie verrassing. Die eksklusiewe album bevat twee nuwe snitte en ’n data disc met drie musiekvideo’s asook aflaaibare muurpapier vir jou rekenaar.

Die twee nuwe snitte heet, Klim Jou Everest, en We Got Forever. Eersgenoemde is ook sy nuwe enkelsnit wat binnekort op radiostasies reg oor die land gehoor sal kan word.

Brendan het ook die liedjie vir die eerste keer lewendig opgevoer tydens vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn. Facebook-gebruikers is gaande oor die liedjie en het met verskeie hartjiegesigies emoticons gereageer.

“Sjoe, ongelooflik. Geen woorde op die oomblik,” het een van sy aanhangers geskryf.

Brendan Peyper se deluxe album is binnekort op winkelrakke asook digitaal beskikbaar.

Luister hier na sy wonderlike liedjie:- Brendan Peyper – Hy Loop Oop

(Visited 24 times, 1 visits today)