Verskeie kenners vanuit die Solidariteit Beweging het Vrydag (13 November) tydens AfriForum se Gesondheidsberaad voorstelle gemaak vir goedkoper mediese sorg. Struikelblokke insluitend Nasionale Gesondheidsversekering is bespreek en hoe die tekort aan mediese personeel opgelos kan word.
