Sedert Zita die Afrikaanse musiek mark in 2011 betreë het, groei sy van krag tot krag. Zita spog met verskeie albums op haar kapstok en ook ‘n hoop nominasies en toekennings. Sy is vars, oorspronklik and steeds verrassend.
In 2010 is sy, bo verwagting, as die algehele wenner van die Opera-afdeling, asook die algehele kampioen by die Performing Arts se wêreldkampioenskappe in Los Angeles aangewys. Kort daarna het sy ’n duet-album, Die Engele Sing, saam met Rudi Claase opgeneem, wat goue status bereik het, en in 2012 was haar eerste solo-album, Skakerings van Dagbreek, op die rak.
Laasgenoemde is benoem vir ’n Ghoema- asook ’n Tempo-toekenning. Intussen het sy ook al duette opgeneem saam met die Vlaamse sanger, Yannick Bovey, asook verskeie Afrikaanse sangers. Zita het ook ‘n paar konsep-albums opgeneem o.a. De La Creme, saam met Corlea
Botha en ook ‘n duet-album, Burgerd + Zita wat benoem was vir ‘n Tempo-toekenning.
Haar liefde vir musiek het baie vinnig in ‘n liefde vir musiekteater oorgespoel. ZITA was genooi om deel te vorm van die Gauteng Opera geselskap as ‘n solois en het in verkeie opera- en ander produksies haar verskyning gemaak as deel van hierdie geselskap, o.a. “L’elisir D’amore” en “Cula Msanzi”. Sy was ook te sien as Lilly in “Cradle Under the Shade”, ‘n Naledi genomineerde produksie, Nornia in “Don Pasquale” en Muzetta in Puccini se uitdagende “La Bohemè”.
ZITA het in die 2017 produksie van die immergewilde afrikaanse musiekblyspel, “Houtkruis die Musical”, haar buiging as Katerina gemaak. Haar uiters suksesvolle eenmanvertoning, “ZITA goes Classics” was ook al te sien op die planke van o.a. die Atterbury teater. Zita is een van die aanbieders van die TV program ‘China Hour’ op CTV, DSTV kanaal 263 en sy speel tans Saskia Wilkinson in die nuwe Frans Swart klug deur Lefra Produksies, My Oom se Vrou se Plekkie, te sien by o.a. die KKNK. Zita sal ook te sien wees in Aspoestertjie wat in Julie 2019 op die planke van die Pretoria Staatsteater is.
MEER OOR HAAR ENKELSNIT: ‘BEGIN WEER’
Die lewe loop soms onverwags ‘n draai en ‘n mens moet van vooraf begin en vergeet van dit wat was. Dis hard, dis seer, dis moeilik om van vooraf te probeer en soms leer jy jou duurste lesse wanneer mens dit die minste verwag. Almal moes al iewers in hulle lewe weer begin en
kan vereenselwig met hierdie lied.
Met ‘n oorspronklike nuutskepping deur Johan Oberholzer, en produksie deur Murray Lubbe, dra hierdie enkelsnit die stempel van kontemporêre, klassieke varsheid. Die snit bied klankvernuwing in Afrikaanse musiek! ‘BEGIN WEER’ is klassiek-gepoetste met groot stryk- en orkesverwerkings deur Maestro Eddie Clayton. Dit is ‘n reuse produksie waarby van die land se beste musikante betrokke was.
