SA-nuus604 Videos

Forum Nuus: AfriForum in hof om hernuwing van rybewyskaarte te stop 08-08-2023
0
01:11

Forum Nuus: AfriForum in hof om hernuwing van rybewyskaarte te stop 08-08-2023

AfriForum het ’n aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien om die hernuwing van bestuurslisensiekaarte af te skaf. Dit volg ná die burgerregteorganisasie verskeie klagtes van die publiek ontvang het oor die probleme wat ondervind word om dié kaarte te hernu. AfriForum se regspan het in die hof aangevoer dat die Nasionale Padverkeerswet nie voorsiening […]
Forum Nuus: Gemeenskap spog met tweede graanoes ná AfriForum en partye help 16-01-2023
0
02:45

Forum Nuus: Gemeenskap spog met tweede graanoes ná AfriForum en partye help 16-01-2023

Die gesamentlike landbou-ontwikkelingsprojek van AfriForum, Saai en die Boiphitlhelelo Koöperatief by Noga’s Post in die Barolong Boo Seleka Koninkryk by Thaba ’Nchu het verlede week die projek se tweede graanoes gelewer. Weens die hoë somerreënval in die 2021-plantseisoen kon mielies nie weer aangeplant word nie en is daar besluit om koring te plant. 8,5 ton […]
Forum Nuus: AfriForum se Kaapstad-Noord-tak bevorder selfstandigheid 18-08-2022
0
04:05

Forum Nuus: AfriForum se Kaapstad-Noord-tak bevorder selfstandigheid 18-08-2022

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het verskeie projekte aangepak waarmee hulle selfstandigheid help bevorder sodat gemeenskappe self hulle toekoms in hul eie hande kan neem. Dié tak het onder meer vrugtebome en watertenks aan die Paarl Skool in Brackenfell en aan Jesus in Aksie by die Brackenfell-treinstasie geskenk. Die Paarl Skool is ’n skool vir kinders wat […]
Forum Nuus: AfriForum dien klagtes in oor riool in Welkom en Kroonstad
0
02:55

Forum Nuus: AfriForum dien klagtes in oor riool in Welkom en Kroonstad

AfriForum het onlangs strafregtelike klagtes teen drie Vrystaatse Plaaslike Munisipaliteite, naamlik Hertzogville (Tokologo), Welkom (Matjhabeng) en Kroonstad (Moqhaka) by die SAPD ingedien. Dit hou verband met gebrekkige dienslewering. In al drie dorpe vloei riool gereeld in die strate met sommige inwoners wat op bakstene moet loop om hul huise te bereik.
Dag drie van #HardloopvirHoop: Reitz tot Bethlehem
0
04:07

Dag drie van #HardloopvirHoop: Reitz tot Bethlehem

“Ons seuntjies wou eendag geboer het, maar na die plaasaanval is ek nie seker of hulle dit nog eendag sal wil doen nie.” Só sê Marlise van Niekerk, ’n plaasaanvalslagoffer wie se gesin verlede jaar op hul plaas naby Bethlehem aangeval is. Marlise is een van talle slagoffers wat AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid deur hul #HardloopVirHoop-projek […]
Forum Nuus: Kobus Wiese inspireer by AfriVriendelik se sakeontbyt
0
01:01

Forum Nuus: Kobus Wiese inspireer by AfriVriendelik se sakeontbyt

Entrepreneurs van George en Durbanville het saamgekom vir entrepreneursadvies en -inspirasie van die rugbyreus Kobus Wiese. Dit was twee heerlike oggende waar ons entrepreneurs kon netwerk en meer leer oor hoe Suid-Afrika moet aanhou om ons potensiaal te ontwikkel en aanhou om ons eie besighede te begin. Indien jy ook belangstel om aan hierdie geleenthede deel te neem, maak seker jou besigheid is op AfriForum Netwerk, by www.afriforumnetwerk.co.za gelys. #SkepWerk
Forum Nuus: Bekendes deel hul stories oor boeliegedrag in nuwe Teenboeliegids
0
03:44

Forum Nuus: Bekendes deel hul stories oor boeliegedrag in nuwe Teenboeliegids

Die akteurs en vervaardigers Donnalee Roberts en Ivan Botha is van die bekendes wat hul tekortkominge en ervarings met boelies in AfriForum se nuwe Teenboeliegids deel. Dié gids, wat vandag bekendgestel is, sluit onder meer tekens af afknouery, regsadvies, aktiwiteite vir leerlinge en ouers, asook advies vir ouers wat vermoed dat hul eie kinders boelies mag wees. Die gids sal volgende week op AfriForum se webtuiste beskikbaar wees om af te laai.
Manie Jackson – Liefde En Genade
0
03:52

AfriForum toets riooluitvloei in Kaapse See

Die voortslepende rioolkrisis in die Kaapse See het die burgerregte-organisasie AfriForum genoop om die gehalte van die riooluitvloei in die see te gaan toets. Die burgerregte-organisasie het in 2015 druk begin uitoefen en die gemeenskap gemobiliseer om betrokke te raak om die metrorade te dwing om die rioolprobleem op te los. In daardie stadium is 40 miljoen liter riool daagliks in die see gestort. Dit wil voorkom of die situasie ietwat verbeter het, maar dis steeds ’n reuse bedreiging vir mens en dier.
Forum Nuus: #JouGeldJouGesondheid
0
01:53

Forum Nuus: #JouGeldJouGesondheid

| FORUM NUUS | As deel van AfriForum se veldtog teen die vernietigende wetsontwerp oor nasionale gesondheidsversekering (NGV) het AfriForum vandag sy kommentaar daarteen by die parlementsgebou ingedien. “Die regering moet nie ’n monopolie op mense se gesondheid hê nie. Indien die NGV ingestel word gaan die staat vir jou sê waar, deur wie en watter behandeling jy moet kry,” sê Natasha Venter, AfriForum se veldtogbeampte vir die NGV.
7 vragmotors in ligte laaie op N3
0
00:26

7 vragmotors in ligte laaie op N3

Die N3 naby Mooirivier in KwaZulu-Natal is Donderdagoggend gesluit nadat sewe vragmotors vroegoggend op dié pad deur betogers aan die brand gesteek is.
Polisie jaag grondbesetters uiteen
0
00:25

Polisie jaag grondbesetters uiteen

Die openbare orde- polisie moes Donderdag ʼn groep oproeriges wat glo begin het om grond onwettig by die Rietvlei-kleinhoewes buite Rustenburg te beset, uiteen dryf.
Rugbyseuns se danspassies bring hoop
0
01:40

Rugbyseuns se danspassies bring hoop

“Dit is hoe Suid-Afrika se toekoms lyk, trots Suid-Afrikaans.” Lees meer hier: http://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/video-rugbyseuns-se-danspassies-bring-hoop/
Forum Nuus: Jongmense bou op hul erfenis
0
02:57

Forum Nuus: Jongmense bou op hul erfenis

Vandag (24 September) vier ons Erfenisdag. Die Afrikaner se erfenis, monumente en erfenisterreine word onder die ANC-regering bedreig en verwaarloos, maar al hoe meer jongmense staan op en is vuur en vlam om by die bewaring en beskerming van hul erfenis betrokke te raak. Hierdie jongmense is, in die woorde van oudpres. Paul Kruger, bereid […]
Forum Nuus: AfriForum soek antwoorde by Emfuleni oor Vanderbijlpark-riool 25-04-2025
0
06:17

Forum Nuus: AfriForum soek antwoorde by Emfuleni oor Vanderbijlpark-riool 25-04-2025

AfriForum het reeds ’n klag by die Menseregtekommissie ingedien en ’n saak by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aanhangig gemaak oor die riool wat daagliks in die strate van Vanderbijlpark vloei. In van die ergste gevalle oorstroom inwoners van CW5 se huise selfs met riool. Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se gebrekkige onderhoud van infrastruktuur is die […]
Forum Nuus: AfriForum lê kriminele klag teen Malema en Shivambu oor VBS 19-07-2024
0
01:43

Forum Nuus: AfriForum lê kriminele klag teen Malema en Shivambu oor VBS 19-07-2024

Die beplande en herhaalde misdrywe van bedrog, korrupsie en geldwassery wat die EFF-leiers Julius Malema en Floyd Shivambu na bewering gepleeg het, mag moontlik voldoen aan die vereistes vir rampokkery soos dit in die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (POCA) vervat is. Dít is die kruks van AfriForum se bewering in die kriminele […]
Forum Nuus: Blou-en-groendruppelverslag skets kommerwekkende prentjie oor watergehalte 15-11-2023
0
03:36

Forum Nuus: Blou-en-groendruppelverslag skets kommerwekkende prentjie oor watergehalte 15-11-2023

AfriForum het vandag die organisasie se jaarlikse blou-en-groendruppelverslag by ’n stukkende rioolpompstasie in Vereeniging bekendgestel om die verval van munisipale infrastruktuur ten toon te stel. Luidens dié verslag het net 19% van die rioolafvalwaterbehandelingswerke (RAWBW’e) wat vanjaar getoets is aan die minimum standaarde voldoen. Dit beteken dat die water wat RAWBW’e in riviere stort, in […]
Forum Nuus: AfriForum-takke en boerevereniging in KZN herstel slaggate op R33
0
04:08

Forum Nuus: AfriForum-takke en boerevereniging in KZN herstel slaggate op R33

Die AfriForum-takke in Vryheid en Paulpietersburg het hande gevat met die Kambula-boerevereniging om slaggate op die R33 te herstel. Hierdie projek is aangepak om die mense wat daagliks die pad gebruik se veiligheid te verbeter. Danksy ruim skenkings is 400 sakkies teer bekom om lewensgevaarlike slaggate op dié pad te herstel. Heelwat motoriste se voertuie […]
Forum Nuus: (Orania deel 2) Die dorp waar alles werk! 17-11-2022
0
11:46

Forum Nuus: (Orania deel 2) Die dorp waar alles werk! 17-11-2022

Orania is vinnig besig om mense se stoutste verwagtinge te oortref. Al hoe meer dromers, bouers en doeners, wat hul toekoms in hul eie hande wil neem, verhuis na Orania. Orania is dié dorp in die land waar alles behoorlik werk en waar die dorpsraad, sedert die dorp se ontstaan 31 jaar gelede, met skoon […]
Forum Nuus: AfriForum help om Harrismith se paaie reg te ruk
0
01:13

Forum Nuus: AfriForum help om Harrismith se paaie reg te ruk

Die Maluti-A-Phofung Plaaslike Munisipaliteit in Harrismith versuim al geruime tyd om hul pligte na te kom. Die plaaslike AfriForum-tak het reeds honderde sakkies teer gebruik om slaggate te herstel. “Dis lekker om te sien hoe die plekke waar ons werk regkom,” sê Johan de Bruyn, AfriForum-takvoorsitter in Harrismith.