Dag drie van #HardloopvirHoop: Reitz tot Bethlehem

“Ons seuntjies wou eendag geboer het, maar na die plaasaanval is ek nie seker of hulle dit nog eendag sal wil doen nie.”
Só sê Marlise van Niekerk, ’n plaasaanvalslagoffer wie se gesin verlede jaar op hul plaas naby Bethlehem aangeval is. Marlise is een van talle slagoffers wat AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid deur hul #HardloopVirHoop-projek wil bystaan.
Kyk dié video om te sien hoe dag drie van die ultramaratonatleet Bennie Roux en AfriForum se hardloopprojek, wat ten doel het om geweldslagoffers – veral slagoffers van plaasaanvalle en moorde – te ondersteun, verloop het. Besoek www.virhoop.co.za om ’n bydra tot die fonds te lewer.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.