SA-nuus616 Videos

Malema gevonnis!
0
04:02

Malema gevonnis!

Agt jaar sedert die leier van die EFF, Julius Malema, skote in die lug afgevuur het voor ’n skare van 20 000 mense, is hy vandag uiteindelik in die Oos-Londense Landdroshof tot vyf jaar effektiewe tronkstraf gevonnis. AfriForum se hoofwoordvoerder van Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, meen die vonnis wat landdros Twanet Olivier aan Malema opgelê het, bevestig […]
Forum Nuus: AfriForum se Groenmaand-projek: Plant vetplante uit hul verknorsing
0
04:54

Forum Nuus: AfriForum se Groenmaand-projek: Plant vetplante uit hul verknorsing

AfriForum het vandag ’n projek vir die bewaring van vetplante afgeskop. Dit vorm deel van die burgerregteorganisasie se Groenmaand-projek en is daarop gemik om die publiek te mobiliseer om hul eie vetplante te kweek en vetplante – wat op ’n reuseskaal gestroop word – as’t ware uit hul verknorsing te plant.
Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – Nelspruit
0
02:10

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – Nelspruit

AfriForum se Nelspruit-tak het reeds moue opgerol en gewoeker tydens die organisasie se #AnkerdorpPadskou. Verder het die Nelspruit-tak, in samewerking met verskeie plaaslike besighede, ’n selfdoenaksie by die Pro Gratia-leersentrum vir spesiale onderrigbehoeftes gehou. Dié skool ontvang geen subsidiëring van die regering nie en is afhanklik van hul beperkte skoolfondse en die hulp organisasies soos AfriForum en die plaaslike gemeenskap om aan te hou groei. Die buurtwagte in Nelspruit en Witrivier, asook die Nelspruit Concerned Citizens-inisiatief, het ook ’n gesamentlike buurtwagpatrollie gehou. Verder het Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, het sy Quo Vadis-gespreksreeks in dié dorp aangebied, waar die kernfokus op die toekoms van Suid-Afrikaanse onderwys was. Verskeie selfdoenaksies lê steeds voor. Volg AfriForum Nelspruit se Facebook-groep om op hoogte te bly van AfriForum se #AnkerdorpPadskou: https://www.facebook.com/groups/afriforumnelspruit/
06 PLAASVEILIGHEID: GLAS SKUIFDEURE
0
00:29

Swart Vrydag-winskopies lei tot vertrapping

Werknemers van verskeie kettingwinkels moes Vrydag bontstaan om die skares inkopiegangers te hanteer wat sedert middernag winkels binnegestroom het op soek na goeie Swart Vrydag-winskopies.
Knysna-brande
0
01:01

Knysna-brande

Toestande in die Eden-distrik, waaronder Knysna, het vererger nadat stormsterkte winde seder 11:00 brande in die omgewing opgevlam en lugbestryding gekniehalter het. Die video is Saterdag omstreeks 09:00 op sosiale media gedeel van die N2-snelweg buite Jeffreysbaai wat vir verkeer gesluit was.
Forum Nuus: Hof beslis matriekuitslae moet bekendgemaak word
0
03:28

Forum Nuus: Hof beslis matriekuitslae moet bekendgemaak word

Willie Spies van Hurter Spies Ing. sê vandag se uitspraak in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het oor veel meer gegaan as net toegang tot matriekuitslae. “Ons leef in ’n samelewing waar daar ’n wedywering van idees is. Aan die een kant gaan dit daaroor om die burgerlike samelewing sterk te maak, om ’n sterk […]
Forum Nuus: Vee Bela-wetsontwerp uit, vra jeug aan Ramaphosa 15-04-2024
0
02:27

Forum Nuus: Vee Bela-wetsontwerp uit, vra jeug aan Ramaphosa 15-04-2024

AfriForum Jeug het vandag ’n memorandum aan ’n verteenwoordiger by die Uniegebou oorhandig waarin ’n beroep opnuut op president Cyril Ramaphosa gedoen word om die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (oftewel Bela-wet) in sy geheel te skrap. AfriForum Jeug voer in die memorandum aan dat dié wetsontwerp ’n direkte aanval op moedertaalonderrig in die algemeen is, […]
Forum Nuus: Takke beraam planne vir toekoms by AfriForum-beraad 21-08-2023
0
03:48

Forum Nuus: Takke beraam planne vir toekoms by AfriForum-beraad 21-08-2023

AfriForum se takke in die sentraalstreek het die afgelope naweek die organisasie se beraad in Bloemfontein bygewoon waar daar op die tema “Ons sal self” gefokus is. Die onderskeie takke het beplan vir die toekoms, skouers geskuur en kennis gedeel om hulle nog beter in staat te stel om hul gemeenskappe te dien. Die sentraalstreek […]
Forum Nuus: Teatergangers in vervoering tydens Orkney snork nie-reünie
0
03:55

Forum Nuus: Teatergangers in vervoering tydens Orkney snork nie-reünie

Byna drie dekades nadat Orkney snork nie duisende Afrikaanse huishoudings vasgenael voor die televisie gehad het, vind mense steeds aanklank by dié vermaaklike sitkom. Teatergangers was onlangs in vervoering tydens ’n reünie van die akteurs wat AfriForumTV by die AfriForum Teater in Pretoria aangebied het. Dit het duidelik baie herinneringe by hulle wakker gemaak en […]
Forum Nuus: AfriForum-takke in die Mooirivierstreek veg teen munisipale verval
0
05:40

Forum Nuus: AfriForum-takke in die Mooirivierstreek veg teen munisipale verval

Munisipale verval in Suid-Afrika is nie meer nuus nie, maar AfriForum se takke in die Mooirivierstreek, wat Ventersdorp, Potchefstroom, Stilfontein, Klerksdorp, Wolmaransstad, Bothaville, Viljoenskroon, Parys, Sasolburg en Heilbron insluit, is op ’n daaglikse basis besig om deur volhoubare projekte ’n verskil te maak. Daar word onder meer slaggate herstel, gras gesny en skoongemaak waar munisipale […]
Forum Nuus: Mokopane-inwoners spoeg vuur oor korrupte burgemeester
0
08:07

Forum Nuus: Mokopane-inwoners spoeg vuur oor korrupte burgemeester

Inwoners van Mokopane ly onder wanbestuur en korrupsie waarby die burgemeester en ander raadslede betrokke is. Die situasie is so ernstig dat AfriForum reeds klagtes by die polisie ingedien het. Bryner Ngwenya, ’n inwoner, sê haar oë het oopgegaan vir wat besig is om te gebeur en dat sy en baie ander nooit weer vir […]
Forum Nuus: AfriForum Sakenetwerk se Paarl-tak gee wenke oor veiligheid
0
02:59

Forum Nuus: AfriForum Sakenetwerk se Paarl-tak gee wenke oor veiligheid

Die AfriForum Sakenetwerk se Paarl-tak het onlangs ’n sakeontbyt aangebied waartydens gassprekers, insluitend adv. Gerrie Nel van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, gesels het oor die talle veiligheidsuitdagings wat ondernemings trotseer en stappe wat gedoen kan word om meer bestand daarteen te wees.
Forum Nuus: M.L. Fick wen AfriForum se Blink of stink-herwinningskompetisie
0
02:58

Forum Nuus: M.L. Fick wen AfriForum se Blink of stink-herwinningskompetisie

Laerskool M.L. Fick in Potchefstroom is die wenner van AfriForum se eerste Blink of stink-herwinningskompetisie. Die skool het ’n totaal van 3,2 ton se plastiekbottels – oftewel ’n gemiddeld van meer as 5 kg per leerder – vir herwinning ingesamel en daardeur met R30 000 se prysgeld weggestap.
Forum Nuus: Suid-Afrikaners deel suksesse en ervarings in Australië
0
03:59

Forum Nuus: Suid-Afrikaners deel suksesse en ervarings in Australië

Mense vra dikwels hoe maklik of moeilik is dit om te emigreer? En hoe maklik of moeilik is dit om in die vreemde aan te pas? Twee expats, Johan du Plooy, ’n voormalige dosent by Kovsies en ’n man met ’n liefde vir jag en biltong, en Suzette van der Heijen, wat voorheen in die korporatiewe wêreld gewerk het, deel in hierdie video hul suksesse en ervarings in Australië. Johan is die eienaar van die gewilde Mustafa-winkels in Perth en Suzette die redakteur van die Afrikaanse tydskrif Merise in Perth.