AfriForum het vandag ’n projek vir die bewaring van vetplante afgeskop. Dit vorm deel van die burgerregteorganisasie se Groenmaand-projek en is daarop gemik om die publiek te mobiliseer om hul eie vetplante te kweek en vetplante – wat op ’n reuseskaal gestroop word – as’t ware uit hul verknorsing te plant.
