AfriForum Jeug het vandag ’n memorandum aan ’n verteenwoordiger by die Uniegebou oorhandig waarin ’n beroep opnuut op president Cyril Ramaphosa gedoen word om die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (oftewel Bela-wet) in sy geheel te skrap. AfriForum Jeug voer in die memorandum aan dat dié wetsontwerp ’n direkte aanval op moedertaalonderrig in die algemeen is, en ’n indirekte aanval op Afrikaans as onderrigtaal. Volgens AfriForum Jeug herinner die Bela-wetsontwerp aan die verengelsingsbeleid wat Britse owerhede kort ná die Anglo-Boereoorlog in skole toegepas het. As deel van dié beleid is kinders verneder indien hulle Afrikaans by die skool gepraat het. Daarom het die jeuglede vandag ook bordjies waarop “I am a donkey” staan aangehad en is ’n afbeelding van Ramaphosa as Lord Alfred Milner saam na die Uniegebou geneem.
???????????????? ???????????? ????????????????-????????????!
Gee ons jou mandaat hiér: www.stopbela.co.za
