SA-nuus616 Videos

knysna brand N2 middag
0
00:24

knysna brand N2 middag

Toestande in die Eden-distrik wat Knysna insluit het vererger nadat stormsterk wind sedert Saterdag om 11:00 brande in die omgewing laat opgevlam en lugbestryding gekniehalter het. http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/video-knysna-brande-stormsterk-wind-belemmer-brandbestryding/
Forum Nuus: AfriForum-ondersteuners help om nuwe lewe in Bob van Reenen te blaas
0
02:34

Forum Nuus: AfriForum-ondersteuners help om nuwe lewe in Bob van Reenen te blaas

Met AfriForum se betrokkenheid lyk dit of die wit olifant, beter bekend as die Bob van Reenen-stadion in Krugersdorp, weer tot sy eertydse glorie herstel gaan word. AfriForum-lede, besighede, politieke partye, lede van die publiek en ander belangstellendes het die afgelope twee naweke gehelp om onder meer dié stadion skoon te maak en gras te […]
Forum Nuus: AfriForum begrawe swak dienslewering in Parys 18-04-2024
0
03:35

Forum Nuus: AfriForum begrawe swak dienslewering in Parys 18-04-2024

Die AfriForum-tak in Parys het ’n spreekwoordelike begrafnis gehou vir dienslewering. Hierdie dorp en verskeie ander wat onder die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit val gaan gebuk onder swak of geen dienslewering met sommige inwoners wat al by tye vir weke aaneen nie water in hul krane gehad het nie of gereeld met kragonderbrekings sukkel.
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
02:10

Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê

AfriForum se Garsfontein-tak, wat Faerie Glen insluit, het Saterdag in samewerking met Forum Sekuriteit en Golan Tactical op versoek van Betsie Basson, wyksraadslid vir Wyk 45 in Pretoria, vragmotors vol vullis uit die Garsfontein-omgewing weggery. AfriForum het op 8 Augustus aangebied om die Tshwane Metro te help met vullisverwydering ná ’n voortslepende staking die Metro […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
04:03

Forum Nuus: Federalisme in aksie by AfriForum se Groter-Moot-tak 10-01-2023

Die AfriForum Groter-Moot-tak is sommer vroeg in die jaar volstoom aan die gang om hul omgewing skoon te maak en op te hef. Die tuinspan het vandeesweek verskeie grassnyers en bossiekappers gebruik om ’n groot gedeelte van die spruit skoon te maak. Dié tak en tuinspan neem eienaarskap van wat hulle doen en glo elke […]
Forum Nuus: AfriForum ondersteun tehuis vir gestremdes met regshulp 26-08-2022
0
03:48

Forum Nuus: AfriForum ondersteun tehuis vir gestremdes met regshulp 26-08-2022

AfriForum verleen tans regshulp aan die Sunfield Home Fortuna, ’n tehuis vir fisiese- en verstandelik gestremde persone, nadat dié tehuis se subsidiebedrag wat hulle van die staat ontvang geensins die afgelope 14 jaar verhoog is nie. Die tehuis het verskeie kere versoek dat die subsidiebedrag verhoog word en hulle het maandeliks ’n tekort van sowat […]
Forum Nuus: AfriForum help Batlokoa Ba Mota-gemeenskap om volhoubare groentetuin te begin 10-12-2025
0
03:12

Forum Nuus: AfriForum help Batlokoa Ba Mota-gemeenskap om volhoubare groentetuin te begin 10-12-2025

AfriForum het vandeesweek opleiding aan die Batlokoa Ba Mota-gemeenskap naby Qwaqwa aangebied om inwoners te help met die vestiging van ’n volhoubare groentetuin. Die saadverskaffer Starke Ayres het die saad vir die aanvangsfase van die projek geskenk. Die groentetuinprojek volg ná AfriForum ook vroeër vanjaar dié gemeenskap gehelp het om ’n sonkragpomp by ’n boorgat […]
Forum Nuus: “Vat so Tshwane!” sê AfriForum Jeug
0
01:30

Forum Nuus: “Vat so Tshwane!” sê AfriForum Jeug

AfriForum Jeug het vandag ’n brief by die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit ingedien om beswaar aan te teken teen die stadige vordering van padkonstruksie in Lynnwoodweg in die omgewing van die Universiteit van Pretoria se hoofkampus. Nie net is daar reeds ’n reuse-oorskryding op die projek se kostes nie, maar die projek is ook reeds sowat […]
AfriForum betoog by hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle
0
03:37

AfriForum betoog by hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle

Lede van die burgerregte-organisasie AfriForum het vanoggend buite die Pretoria-Noordse landdroshof teen die dubbele standaarde betoog waarmee rasvoorvalle in Suid-Afrika hanteer word. Dié dubbele standaarde behels volgens AfriForum dat wit-op-swart-aanvalle deurlopend aan die groot klok gehang word, terwyl swart-op-wit-aanvalle grootliks geïgnoreer word. Die betoging val saam met die verskyning van twee verdagtes wat Carel Kruger aan die begin van Augustus vanjaar in die Montana-omgewing gewelddadig met ’n baksteen aangeval het. Dié aanval het enkele dae ná die KFC-voorval – óók in die Montana-omgewing – plaasgevind.
Forum Nuus: Nelson Mandela-stigting lieg blatant en help om SA te polariseer
0
03:08

Forum Nuus: Nelson Mandela-stigting lieg blatant en help om SA te polariseer

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vandag gereageer op die Nelson Mandela-stigting (NMS) se voorneme om Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by die organisasie, te vervolg ná die vlaguitspraak vroeër vandeesweek in die gelykheidshof. Die hof het bevind die vertoon van die ou landsvlag kom op haatspraak neer. Roets het ná die uitspraak in ’n akademiese konteks ’n foto van die ou vlag op Twitter geplaas met ’n vraag: Het ek nou net haatspraak gepleeg? Roets is tans besig met sy doktorsgraad in regte. Kriel sê die NMS is oneerlik en speel tans ’n polariserende rol in die land. Dit doen ook afbreek aan die beeld van oudpres. Nelson Mandela as versoener.
Stappie nader aan grondonteiening sonder vergoeding
0
01:03

Stappie nader aan grondonteiening sonder vergoeding

Die parlement se grondwetlike hersieningskomitee het vanoggend die verslag, waarin aanbeveel word dat die Grondwet gewysig moet word om uitdruklik voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding, aanvaar. Na afloop van die vergadering het lede van die EFF gedans en gesing om die aanvaarding van die verslag te vier. (Video: EFF)
Leerder bang om terug te keer skool toe ná aanranding
0
00:37

Leerder bang om terug te keer skool toe ná aanranding

ʼn Hoërskoolmeisie wat Donderdag ten aanskoue van ander leerders op die skoolterrein deur ʼn medeleerder aangerand is, sê sy is nou te bang om terug te keer skool toe en sal waarskynlik van skool verwissel.
Polisievrou boer glo op foon terwyl mense wag
0
01:28

Polisievrou boer glo op foon terwyl mense wag

Die Gautengse polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn video aan die lig gekom het waar ʼn polisiekonstabel glo persoonlike sake doen terwyl inwoners staan en wag om gehelp te word. Lees meer: http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/video-polisievrou-boer-glo-op-foon-terwyl-mense-wag/
AfriForum Jeug-internskap bemagtig jong toekomstige leiers
0
02:40

AfriForum Jeug-internskap bemagtig jong toekomstige leiers

Agt AfriForum Jeug-takbestuurslede van regoor die land het onlangs ’n internskap by AfriForum se hoofkantoor in Centurion suksesvol voltooi. Hulle het verskeie opleidingsessies bygewoon, erfenisgebiede besoek, skaduwerk gedoen en moes uiteindelik ’n voorlegging oor die toekoms van AfriForum Jeug aan ’n uitgesoekte paneel in die Forum Films ateljee aanbied. Die doel van die internskap is […]
Forum Nuus: AfriForum-kongres fokus op gemeenskapsbetrokkenheid 22-08-2024
0
01:36

Forum Nuus: AfriForum-kongres fokus op gemeenskapsbetrokkenheid 22-08-2024

AfriForum se driejaarlikse kongres het vandag by die ATKV-Klein-Kariba buite Bela-Bela afgeskop met die tema “Gemeenskappe as vierde regeringsfeer”. Met dienslewering wat inwoners toenemend in die steek laat, het dit noodsaaklik geword dat AfriForum-takke en -buurtwagte en gemeenskapslede as vierde regeringsfeer toetree om hul onderskeie gebiede skoon, netjies en veilig te hou. Sprekers gaan kongresgangers […]