ʼn Video van die 20-jarige Afrikaanse musikant Christiaan Jacobsz van Pretoria, waarin hy ʼn kitaar vuurwarm speel, doen vandeesweek weer die ronde op sosiale media.
Of jy nou ’n gesoute sakeman is of jou splinternuwe besigheid steeds uit jou ouers se motorhuis bedryf, is dit nooit té laat om jou vaardighede op te skerp nie. Daarom bied die AfriForum Sakenetwerk vanjaar as deel hul Entrepreneur van die Jaar-kompetisie verskeie webinare en werkswinkels aan om nuwe én ervare entrepreneurs meer oor […]
Jaco Pieterse, hoof van Bergview College, het vandag klagtes van crimen injuria aanhangig gemaak teen Fikile Mbalula, ANC sekretaris-generaal, Julius Malema, EFF-leier, en Fundile Gade, LUR vir Onderwys in die Oos-Kaap. Hierdie klagtes hou verband met aanhitsing van skadelike publieke sentiment en geweld teen Pieterse wat valslik van verkragting van ’n kind beskuldig is.
AfriForum het tydens sy nasionale kongres wat die naweek by ATKV-Klein-Kariba gehou is uiteenlopende leiers van outonome gemeenskappe byeengebring. Hiertydens is gesprekke gevoer oor die maniere waarop dié gemeenskappe reeds op voetsoolvlak saamwerk en saam ’n verskil maak. AfriForum se afdeling vir Interkulturele Verhoudings en Samewerking werk saam met outonome gemeenskappe landwyd wat, in gevalle […]
AfriForum Jeug-lede van regoor die land het die afgelope naweek dié organisasie se jaarlikse kongres net buite Parys bygewoon. Tydens hierdie kongres is die jeug met kennis en vaardighede bemagtig wat hulle weer by hul onderskeie AfriForum Jeug-takke kan gaan aanwend. Sessies is aangebied om die jeuglede te help om onder meer hul takprojekte beter […]
Agt jong leiers vanuit die Solidariteit Beweging se geledere het vandeesweek AfriForum Jeug se mentorskapprogram bygewoon. Hulle het teoretiese en praktiese opleiding ontvang in velde soos sosiale media, beplanning en projekbestuur. Hulle het ook saam met AfriForum se Centurion-tak ’n park skoongemaak en met hul herwinningsprojek gehelp. ’n Blink toekoms word vir dié jongmense in […]
Die Barolong Boo Seleka-tradisionele gemeenskap het tydens ’n gesamentlike mediakonferensie met AfriForum aangekondig dat dié tradisionele gemeenskap die proses begin het om eienaarskap van hul grond by die staat terug te neem wat tans die voog daarvan is. Na verwagting sal ander tradisionele gemeenskappe dieselfde proses kan volg wat verreikende gevolge vir staatsbeheerde grond kan […]
Op 19 Augustus bied die AfriForum-traumaeenheid ’n ambassadeursfunksie aan ten bate van slagoffers van plaasaanvalle en –moorde. Die eenheid bestaan sedertdien 2015 en fokus op die ondersteuning van slagoffers van geweldsmisdaad tydens plaasaanvalle. Die pyn en trauma waardeur slagoffers gaan word dikwels onderskat sowel as die behoefte aan emosionele en ander vorme van ondersteuning wat […]
In Mei word Die Gelofte Musiekblyspel in die AfriForum Teater aangebied. Dit is ’n gesamentlike projek van AfriForum en Inhoud Huis Musiek. Dit is vanjaar 184 jaar sedert Die Gelofte voor die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 afgelê is. Dit gryp Afrikaners steeds aan die hart en is onlosmaaklik deel van ons geskiedenis […]
Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark het onlangs ongeveer 2 100 slaggate in verskeie strate in die dorp gevul as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog. Die Vanderbijlpark-tak het 35 ton teer aangekoop en die projek het ongeveer R90 000 beloop. Hierdie aksie is in samewerking met nege motorfietsklubs, verskeie sakeondernemings en gemeen¬skaps¬lede aangepak om die paaie […]
Die land se voorste hoërskool-debatteerders het Saterdag (27 September 2025) in Centurion byeengekom om aan die finale ronde van AfriForum se Nasionale Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie deel te neem. In die senior kategorie het Hoërskool Durbanville koning gekraai teen Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, terwyl Hoërskool Waterkloof met Paul Roos Gimnasium afgereken het in die […]
“Die geskiedenis is soos ’n diamant, hy het ’n duisend verskillende kante en daar moet na alle kante gekyk word. Die geskiedenis van die Afrikaners is ook groter as net die geskiedenis van apartheid,” meen dr. Leopold Scholtz, historikus, joernalis en skrywer van Kraal Uitgewers se nuutste boek, In Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902.
AfriForum en AfriSake bied tot 10 Mei in-diepte inligtingsessies oor grondonteiening vir gemeenskappe regoor Suid-Afrika aan. Tydens dié sessies, wat in al nege provinsies aangebied gaan word, bespreek die sakeregte-waghond AfriSake die wetlike aspekte van onteiening sonder vergoeding, terwyl AfriForum op die fisiese beskerming van eiendom fokus.
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vanoggend strafregtelike klagtes teen 100 mense gelê wat boodskappe van haatspraak, rassisme, aanhitsing tot geweld of ’n kombinasie hiervan op sosialemediaplatforms geplaas het.
ʼn Maand ná die ineenstorting van Hoërskool Driehoek se loopbrug het Maroela Media met die skoolhoof Hein Knoetze gesels. Hy deel sy getuienis oor die ongeluk wat die gemeenskap en die land aan die hart geruk het.
* Hierdie verslag is saamgestel deur Esté Meyer Jansen.
* Videoredigeering deur Marius Vermaak.
* Besoek Maroela Media vir meer oor hierdie storie: https://spens.co.za/m0j
Genl.maj. Bheki Langa, waarnemende polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, het onlangse voorvalle in Howick en Hillcrest ten sterkste veroordeel waar mense oënskynlik na willekeur vuurwapens in die openbaar afvuur.
Danksy die ingryping van AfriForum se privaatvervolgingseenheid is ’n ouerpaar van Pretoria vandag in die Hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer en kinderverwaarlosing nadat hulle hul baba sedert die ouderdom van vyf weke in Maart tot Julie 2020 mishandel het. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het ingevolge […]
In Germiston is waterprobleme vir sommige inwoners al ’n alledaagse verskynsel. In sekere gebiede kry inwoners net drie dae per week water. AfriForum plaas deurgaans druk op die Ekurhuleni-metro om werk aan ’n nuwe waterreservoir, wat reeds maande agter skedule is, te voltooi om watertoevoer na alle inwoners in Germiston permanent te herstel. AfriForum se […]
AfriForum lewer sedert 2020 weekliks ’n vullisverwyderingsdiens aan inwoners van Bloemfontein aangesien die Mangaung-metro soms vir weke aaneen nie hierdie diens lewer nie. Die gebrekkige vullisverwydering het veroorsaak dat inwoners van privaat dienste gebruik maak sodat hulle vullis weekliks verwyder kan word. Die burgerregteorganisasie het buiten hierdie diens ook reeds meer as 650 AfriForum-lede van […]
AfriForum se privaatvervolgingseenheid ondersteun vir Phillipus en Nadia Jansen van Rensburg in die Middelburg Landdroshof in ’n saak waar Joseph Hebron Maponya op klagtes van strafbare manslag, roekelose of nalatige bestuur en bestuur onder die invloed van alkohol gaan verskyn. Amé Jansen van Rensburg (5) is in 2021 in ’n ongeluk oorlede ná haar ouers […]