AfriForum se 177 buurtwagte doen uitstekende werk om hul onderskeie dorp en stede veilig te hou. Met dié groot taak op hul hande bied AfriForum gereeld opleiding aan buurtwaglede – van basiese tot meer gevorderde opleiding – sodat dié lede presies weet hoe om op te tree wanneer hulle patrolleer of met buurtwagbedrywighede besig is. Vandeesweek is nog 11 buurtwaglede opgelei om as deel van AfriForum se protospanne, die spiespunt van die organisasie se buurtwagte, veiligheid in gemeenskappe te bevorder.
