Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (span 1) en Hoërskool Waterkloof (span 1) het gister onderskeidelik in die junior en senior kategorie van die Gautengse been van die AfriForum Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie geseëvier. Dié spanne sal op 19 September in Centurion aan die nasionale eindstryd deelneem.
