Danksy volgehoue druk wat AfriForum se Bothaville-tak op die Nala Plaaslike Munisipaliteit geplaas het, is ’n rioolprobleem ná twee en ’n halfjaar byna opgelos sodat rioolstorting nie meer in die Valsrivier plaasvind nie. Die tak se buurtwag maak ook suksesvol gebruik van veiligheidskameras om misdadigers aan te keer. Die buurtwag het die brandkrane in die dorp wat toegegroei was, opgespoor en weer werkend gekry sodat die brandspan dié krane kan gebruik om brande in die dorp te help blus.
