AfriForum se privaatvervolgingseenheid gaan Zander Oosthuizen bystaan in die aanrandingsaak teen Oupa Chembe. Hy het na bewering verlede jaar by die Key West-winkelsentrum ’n duik in Oosthuizen se kar geskop en hom daarna aangerand. Oosthuizen en twee van sy vriende was nog in skoolklere toe die insident plaasgevind het. Kommer oor onbehoorlike inmenging het daartoe gelei dat die privaatvervolgingseenheid by die saak betrokke geraak het.
