Danielle Barendse (20) het vandag met die hulp van AfriForum se privaatvervolginseenheid strafregtelike klagtes van aanranding en crimen injuria by die Wierdabrug-polisiestasie ingedien. Barendse werk by ’n groot hardewarewinkel in Centurion waar sy op 8 Oktober deur ’n manlike kliënt rondgejaag en valslik as rassis uitgekryt is. Die betrokke man is ’n werknemer van die Tshwane Metroraad.
