Forum Nuus: (Orania deel 4) Opleiding gee jongmense vlerke en geleenthede 17-11-2022

Gegewe die feit dat groei, ontwikkeling en vooruitgang sinoniem met Orania is, is die opleiding van jongmense ook sentraal in die toekomsplan. Bo-Karoo Opleiding (BKO) het in 2019 die eerste voltydse groep studente ontvang en sowat 200 het reeds hul rooiseëlkwalifikasies verwerf. BKO-studente kan kwalifikasies verwerf in elektries, bou- en siviele konstruksie, loodgieter, landboubestuur en tuisversorging. Daar is ’n groot aanvraag na tuisversorgers in Suid-Afrika en die kursus bied verskeie beroepsmoontlikhede. BKO-studente word vir die wêreld van werk voorberei en hul Christelike en Afrikanerkarakter word ook ontwikkel. Koshuise en die uitbreiding van kwalifikasies is ook in die pyplyn. Baie van die studente wat kwalifiseer besluit om terug te ploeg in Orania en begin hier werk.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.