Waarom bly soveel entrepreneurs en jongmense in Orania? Uit onderhoude wat met sakelui en entrepreneurs gevoer is, is dit duidelik dat Orania ’n spesifieke aantrekkingskrag het. Dit is beslis nie net ’n aftreedorp nie, hoewel dit ook die voorkeurkeuse van baie afgetredenes is. Dit is ’n dorp waar inwoners vir hulself ’n blink toekoms sien. Mense bou hul sukses op die ononderhandelbare beginsels van selfwerksaamheid en eie arbeid. Oraniërs is roepingsgedrewe en mense sien nie op mekaar se werk neer nie. Inteendeel, dit is ’n nou verweefde samebindende kultuurgemeenskap wat hul vryheidsideale uitleef. Al hoe meer nuwe ondernemings open hul deure en Orania spog met talle besienswaardighede soos Orania se Monumentkoppie.
