Die Barolong Boo Seleka-tradisionele gemeenskap het tydens ’n gesamentlike mediakonferensie met AfriForum aangekondig dat dié tradisionele gemeenskap die proses begin het om eienaarskap van hul grond by die staat terug te neem wat tans die voog daarvan is. Na verwagting sal ander tradisionele gemeenskappe dieselfde proses kan volg wat verreikende gevolge vir staatsbeheerde grond kan hê.
