Forum Nuus: Takke beraam planne vir toekoms by AfriForum-beraad 21-08-2023

AfriForum se takke in die sentraalstreek het die afgelope naweek die organisasie se beraad in Bloemfontein bygewoon waar daar op die tema “Ons sal self” gefokus is. Die onderskeie takke het beplan vir die toekoms, skouers geskuur en kennis gedeel om hulle nog beter in staat te stel om hul gemeenskappe te dien. Die sentraalstreek gaan gebuk onder munisipale probleme en swak dienslewering, maar volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is daar hoop en is hierdie gemeenskappe ’n toonbeeld van wat ’n gemeenskap alles kan vermag indien daar saamgewerk word.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.