AfriForum het vandag hul Boomplantmaand-projek by Wolwespruit in die ooste van Pretoria afgeskop. Tien inheemse witolienhoutboompies is aangeplant op ’n groenstrook waar indringer bome vroeër verwyder is. Die witolienhout is 2023 se nasionale boom van die jaar en is bekend as ’n geharde boom wat vinnig in verskeie habitatte kan groei. AfriForum is op verskeie vlakke betrokke om natuurbewaring te bevorder en die land se erfenisskatte te bewaar.
