Die AfriForum-tak in Parys het ’n spreekwoordelike begrafnis gehou vir dienslewering. Hierdie dorp en verskeie ander wat onder die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit val gaan gebuk onder swak of geen dienslewering met sommige inwoners wat al by tye vir weke aaneen nie water in hul krane gehad het nie of gereeld met kragonderbrekings sukkel.
