Forum Nuus: 160 jaar se vriendskap tussen Afrikaners en Seleka Barolong is herdenk 31-03-2025

Op 27 Maart 1865 het kgosi Moroka II, die destydse kgosi van die Seleka Barolong, en president Jan Brand, president van die Republiek van die Oranje-Vrystaat, ’n verdrag van alliansie en bondgenootskap onderteken. AfriForum en dié tradisionele gemeenskap het hierdie historiese gebeurtenis verlede week, presies 160 jaar later, herdenk. Tydens die herdenking is die pas gerestoureerde grafte van die koninklike familie van die Seleka Barolong en die monument wat die verkiesing van die eerste Voortrekkerregering in 1836 in Thaba Nchu herdenk, onthul.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.