Met AfriForum se betrokkenheid lyk dit of die wit olifant, beter bekend as die Bob van Reenen-stadion in Krugersdorp, weer tot sy eertydse glorie herstel gaan word. AfriForum-lede, besighede, politieke partye, lede van die publiek en ander belangstellendes het die afgelope twee naweke gehelp om onder meer dié stadion skoon te maak en gras te sny. AfriForum hoop om saam met die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit te werk om die stadion weer bruikbaar te kry. Dit het oor die afgelope twee dekades erg vervalle geraak.
