Jong kunstenaartjies van regoor die land se kunswerke pronk tans by die Prag en Praal Kunskraal by AfriForum Teater as deel van AfriForum Sakenetwerk se Skolekuns-kompetisie. Dié kompetisie gee vir kinders tussen die ouderdom van 6 en 18 jaar oud die geleentheid om hul kunswerke uit te stal én te verkoop. ’n Paneel van professionele kunstenaars en kenners het ook die beste kunswerke by dié uitstalling uitgewys en die wenners stap met groot kontantpryse weg.
