“Só toekenning maak ’n groot verskil in ‘n onderneming soos myne wat nog jonk is. My kliëntebasis het begin groei bloot net omdat ek genomineer was vir ’n Tinteltong Toekenning en ek sien so uit om ’n pad saam met AfriVriendelik te stap,” sê Michelle Britz, ’n boervrou en entrepreneur van die Oos-Vrystaat. Sy het haar besigheid, Michelle se Kombuis, ’n jaar terug begin om haar gesin te ondersteun deur die erge droogte en het gisteraand weggestap met die Tinteltong Toekenning vir smullekker kos in Afrikaans.
