Nuwe musiekvideo vrygestel deur Sharoney
Sharoney, se nuwe enkelsnit, Crush, kan gereeld op radiostasies landwyd gehoor word en die musiekvideo vir hierdie liedjie is ook onlangs bekendgestel!
“Crush is ’n tipiese hoërskoolmeisieliedjie. Elke meisie was al verlief, veral op skool. Soms bly hierdie spesifieke outjie jou ‘crush’ vir nog lank na matriek. Dit gee jou skoon vlinders in die maag as jy aan hom dink. Jy bloos as hy met jou praat en soms kan jy nie help om net te glimlag as jy sy naam sien nie,” vertel die sangeres oor hierdie snit uit die pen van Hugo Ludik en Kyle Grant.
“Die liedjie het my onmiddellik getrek omdat ek self al ’n ‘crush’ gehad het op iemand toe ek jonger was. Dit beskryf so mooi hoe ek op daardie spesifieke tyd gevoel het, maar toe het ek nie die regte woord geh