Top 20 vir die week: 19 Maart 2018
Die week neem Liezel Pieters die nommer 1 posisie in met haar liedjie “Sing jou hart uit”.
Die instrumentale musiek groep, DECA, het kragte saam met die sanger Len Muller gesnoer vir die liedjie “Oorwin”- en die terugvoer was oorweldigend positief. Hulle betree ons Top 20 op nommer 19.
“Oorwin” is deur Douw Steyn en William de Bruin geskryf. William het in 2017 deur erge depressive gegaan en die liedjie is geïnspireer deur die ervaring.
Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-
1. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
2. Kurt Darren – “Haal asem”
3. Appel – “Boer loop deur my are”
4. Elandré – “Die lyn”
5. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
6. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
7. Janie Bay ft Hunter Kennedy – “Wag vir jou”
8. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
9. Ray Dylan – “Uitbasuin”
10. Anders – “Bruid”
11. Lizandra Winter en Joshua na die Reën – “Ek wil vir jou”
12. Vernon Barnard – “Voel”
13. Juan Boucher – “Onthou jy om jonk”
14. Jay – “So lank sale k jou liefhê”
15. Steve Hofmeyr – “Ek is”
16. Joshua na die Reën – “2017”
17. ADAM – “Sê my”
18. Kurt Darren – “Laat die dansvloer brand”
19. DECA en Len Muller – “Oorwin”
20. Leah en Jo Black – “Nooit alleen”
En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewilde musiek videos/klankgreep sommer net hier vir jou om na te kyk en na te luister. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede).
Hier is jou nommer 1 – Liezel Pieters – “Sing jou hart uit” – ek kon ongelukkig nog nie ‘n musiekvideo vir julle in die hande kry nie, maar, hier is ‘n klankgreep van die treffer, ek gaan aanhou soek tot ek iets gevind het.
Hier is jou nommer 2 – Kurt Darren – “Haal asem” – ek kon ongelukkig nog nie ‘n musiekvideo vir julle in die hande kry nie, maar, hier is ‘n klankgreep van die treffer, ek gaan aanhou soek tot ek iets gevind het.
Hier is jou nommer 3 – Appel – “Boer loop deur my are” – ek kon nog nie ‘n behoorlike musiekvideo in die hande kry nie, maar, ek het vir jou ‘n voorsmakie musiekvideo gekry, loer hier na dit.
https://www.youtube.com/watch?v=7NKAM8X_ono
Hier is jou bonus musiekvideo’s:-
Jan Rhaap – Kom saam met my
Ricky Faber – Asem te haal sonder jou
Elmé – Jy is alles
