Top 20 vir die week: 12 Maart 2018
Die week neem Kurt Darren die nommer 1 posisie in met sy liedjie “Haal asem”.
Steve Hofmeyr het die afgelope week die musiekvideo “Redsgebed” wat sy jongste enkelsnit op sy album SKREE is. Die video wat hy op sosiale media gedeel het, is al meer as 500 000 keer gekyk. Die liedjie kan jy ook op sy album SKREE kry wat verlede jaar uitgereik is. Steve se liedjie betree die week ons Top 20 in die 20ste posisie. Loer gerus hieronder na die musiekvideo.
Die liedjieskrywer en sangel Appel of te wel Christoff Kotze, het Vrydag sy jongste liedjie “Boer loop deur my are” bekend gestel. Die liedjie van hom het groot aftrek gekry op verskeie radiostasies waar dit die eerste keer gespeel is. Die liedjie van Appel het ons Top 20 betree op nommer 9. Ongelukkig kon ek nie ‘n musiekvideo of klankgreep vir julle vind nie, maar ek hou die webtuistes dop om die liedjie vir jou in die hande te kry.
Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-
1. Kurt Darren – “Haal asem”
2. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
3. Janie Bay ft Hunter Kennedy – “Wag vir jou”
4. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
5. Anders – “Bruid”
6. Vernon Barnard – “Voel”
7. Ray Dylan – “Uitbasuin”
8. Steve Hofmeyr – “Ek is”
9. Appel – “Boer loop in my are”
10. Juan Boucher – “Onthou jy om jonk”
11. Lizandra Winter en Joshua na die Reën – “Ek wil vir jou”
12. Elandré – “Die lyn”
13. Jay – “So lank sal ek jou liefhê”
14. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
15. ADAM – “Sê my”
16. Joshua na die Reën – “2017”
17. Kurt Darren – “Laat die dansvloer brand”
18. Brendan Peyper – “Vanaand sê ek net ja”
19. Leah en Jo Black – “Nooit alleen”
20. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewilde musiek videos/klankgreep sommer net hier vir jou om na te kyk en na te luister. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede)
Hier is jou nommer 1 – Kurt Darren – “Haal asem”. Ek kon ongelukkig nog nie ‘n musiekvideo vir julle opspoor nie maar ek het vir jou ‘n klankgreep gevind.
Hier is jou nommer 2 – Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
Hier is jou nommer 3 – Anders – “Bruid”
Hier is jou bonus musiekvideo’s:-
Steve Hofmeyr – “Redgebed”
ADAM – Dis Al Wat Ek Het
Dirk van der Westhuizen – Fairytale
