Top 20 vir die week: 5 Maart 2018

Elandré betree hierdie week se Top 20 op nommer 19 met sy liedjie “Die lyn” wat op sy debuutalbum, Kleindorp-dromer. Die album het al goue status behaal.

Die musiekvideo van die liedjie is onlangs bekendgestel en is tans onder die top-20 mees afgelaaide liedjies op iTunes. (kyk gerus hieronder na die musiekvideo)

Bok van Blerk en Robbie Wessels het verlede week hul duet genaamd “Die sluise van die hemel”, bekend gestel en dit het op ons Top 20 ingekom op nommer 16. Die liedjie was in ‘n stadium die mees afgelaaide Afrikaanse liedjie op iTunes. (kyk gerus hieronder na die musiekvideo)

Jo Black, wat verlede week sy plek op die nommer 1-posisie verloor het, neem hierdie week weer die nommer 1-posisie in met sy liedjie “Die vrou wat ek liefhet”.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
2. Janie Bay ft Hunter Kennedy – “Wag vir jou”
3. Anders – “Bruid”
4. Vernon Barnard – “Voel”
5. Steve Hofmeyr – “Ek is”
6. Kurt Darren – “Haal asem”
7. Ray Dylan – “Uitbasuin”
8. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
9. Juan Boucher – “Onthou jy om jonk”
10. ADAM – “Sê my”
11. Jay – “So lank sale k jou liefhê”
12. Joshua na die Reën – “2017”
13. Lizandra Winter en Joshua na die Reën – “Ek wil vir jou”
14. Brendan Peyper – “Vanaand sê ek net ja”
15. Kurt Darren – “Laat die dansvloer brand”
16. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
17. Leah en Jo Black – “Nooit alleen”
18. Steve Hofmeyr – “Feeslied”
19. Elandré – “Die lyn”
20. Juanita, Ruan Josh, Franja du Plessis – “Meer as ‘n melodie”

En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewilde musiek videos/klankgreep sommer net hier vir jou om na te kyk en n ate luister. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede)

Hier is jou nommer 1 – Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet” – ek kon ongelukkig nog nie ‘n musiekvideo of klankgreep vir julle in die hande kry nie, maar, ek gaan aanhou soek tot ek iets gevind het.

Hier is jou nommer 2 – Janie Bay ft Hunter Kennedy – “Wag vir jou”

Hier is jou nommer 3 – Anders – “Bruid”

Hier is jou bonus musiekvideo’s:-

Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”

Elandré – “Die lyn”

Tot volgende week !!

(Visited 23 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator: T Thomas

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.