Top 20 vir die week: 26 Maart 2018
Bok van Blerk en Robbie Wessels se duet “Die Sluise van die Hemel is tans op nommer 6, Appel se liedjie “Boer loop deur my are”, tans op nommer 2, en Steve Hofmeyr se liedjie “Redgebed”, want tans op nommer 3 is, is steeds onder die Top-5 aflaaisarsies die week.
Loer gerus hieronder na die musiekvideo’s, net vir jou om te geniet.
Na slegs ‘n week in die nommer 1-posisie, maak Liezel Pieters plek vir Appel se nuwe treffer liedjie “Boer loop deur my are”
Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-
1. Appel – “Boer loop deur my are”
2. Elandré – “Die lyn”
3. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
4. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
5. Kurt Darren – “Haal asem”
6. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
7. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
8. Janie Bay ft Hunter Kennedy – “Wag vir jou”
9. DECA en Len Muller – “Oorwin”
10. Ray Dylan – “Uitbasuin”
11. Anders – “Bruid”
12. Lizandra Winter en Joshua na die Reën – “Ek wil vir jou”
13. Vernon Barnard – “Voel”
14. Juan Boucher – “Onthou jy om jonk”
15. Joshua na die Reën – “2017”
16. Jay – “So lank sale k jou liefhê”
17. Steve Hofmeyr – “Ek is”
18. ADAM – “Sê my”
19. Kurt Darren – “Laat die dansvloer brand”
20. Leah en Jo Black – “Nooit alleen”
En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewilde musiek videos/klankgreep sommer net hier vir jou om na te kyk en na te luister. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede)
Hier is jou nommer 1 – Appel – “Boer loop deur my are”
Hier is jou nommer 2 – Elandré – “Die lyn”
Hier is jou nommer 3 – Steve Hofmeyr – “Redgebed”
Hier is jou bonus musiekvideo’s:-
Kyk wat loop ek raak … die liedjie is nog net 761 keer gekyk op youtube:- Kurt Darren, Leah, Snotkop – Selfie Song
Francois van Coke – Die wêreld is mal (Official)
Richard van der Westhuizen – Renoster (Saam met Gerhard Steyn, Lochner de Kock, en MD Greyling)
Hoop julle het die musiekvideo’s geniet. Ek groet tot volgende week !!
