SA-nuus621 Videos

Vier verdagtes in Donovan Marx-saak bly voorlopig agter tralies
0
01:27

Vier verdagtes in Donovan Marx-saak bly voorlopig agter tralies

Steeds agter tralies: Vier van die vyf aangekeerde verdagtes in die Donovan Marx-hofsaak het vanoggend (13 November 2026) in die Landdroshof op Ventersdorp verskyn waar verwag is dat hulle aansoek om borg sou doen. Al vier verdagtes het egter hul aansoek om borg vir eers laat vaar en bly in aanhouding, terwyl die ondersoek na […]
Forum Nuus: JP Voogt wen AfriForum Sakenetwerk se Entrepreneur van die Jaar
0
03:13

Forum Nuus: JP Voogt wen AfriForum Sakenetwerk se Entrepreneur van die Jaar

JP Voogt, eienaar van Kampi.co.za, is eergisteraand tydens ’n glansgeleentheid in Centurion as AfriForum Sakenetwerk se Entrepreneur van die Jaar vir 2026 aangewys. Hy het onder meer R50 000 kontant van Version 8 Media Group gewen en mediablootstelling ter waarde van meer as R150 000 by Maroela Media.
Forum Nuus: Verdagtes in hof oor aanval op Donovan Marx
0
03:09

Forum Nuus: Verdagtes in hof oor aanval op Donovan Marx

Die eerste hofverskyning van vier van die aangekeerde verdagtes in die Donovan Marx-saak het vandag in die Landdroshof op Ventersdorp plaasgevind. Marx is verlede week aangeval op sy plaas tussen Ventersdorp en Potchefstroom. Hy is raakgeskiet, met ‘n mes gesteek en sy ore is afgesny. AfriForum se Kallie Kriel het weer na president Cyril Ramaphosa […]
Forum Nuus: AfriForum en AmaQwathi begin veldbokprojek
0
02:48

Forum Nuus: AfriForum en AmaQwathi begin veldbokprojek

AfriForum en Nkosi Zweloxolo Stokwe van die AmaQwathi-kultuurgemeenskap het verlede week op die Prinses Emma Sandile Plaas in die Cala-omgewing in die Oos-Kaap die Nomakhosazana inheemseveldbok-inkubasieprojek met 21 Nguni-inheemseveldbokke afgeskop.
Kragverbruikers kan nie verder Eskom se spaarvarkie vul, sê AfriForum
0
03:11

Kragverbruikers kan nie verder Eskom se spaarvarkie vul, sê AfriForum

AfriForum het vandag (29 Oktober) ’n protesaksie by Eskom se hoofkantoor in Johannesburg gehou om die toenemende openbare frustrasie oor buitensporige elektrisiteitstariewe, wanbestuur en die voortdurende finansiële las op verbruikers te benadruk. Die organisasie het 750 spaarvarkies uitgepak by die ingang na dié kantoor om te benadruk dat Eskom nie die publiek langer as sy […]
Forum Nuus: M.L. Fick wen AfriForum se Blink of stink-herwinningskompetisie
0
02:58

Forum Nuus: M.L. Fick wen AfriForum se Blink of stink-herwinningskompetisie

Laerskool M.L. Fick in Potchefstroom is die wenner van AfriForum se eerste Blink of stink-herwinningskompetisie. Die skool het ’n totaal van 3,2 ton se plastiekbottels – oftewel ’n gemiddeld van meer as 5 kg per leerder – vir herwinning ingesamel en daardeur met R30 000 se prysgeld weggestap.
Forum Nuus: “Vat so Tshwane!” sê AfriForum Jeug
0
01:30

Forum Nuus: “Vat so Tshwane!” sê AfriForum Jeug

AfriForum Jeug het vandag ’n brief by die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit ingedien om beswaar aan te teken teen die stadige vordering van padkonstruksie in Lynnwoodweg in die omgewing van die Universiteit van Pretoria se hoofkampus. Nie net is daar reeds ’n reuse-oorskryding op die projek se kostes nie, maar die projek is ook reeds sowat […]
Forum Nuus: Voortrekkers leer oor herwinning by AfriForum se Centurion-tak
0
02:27

Forum Nuus: Voortrekkers leer oor herwinning by AfriForum se Centurion-tak

Die Voortrekkers se Klapperkop-kommando se Hiëna-span het vandag (2 Oktober) ingespring om AfriForum se Centurion-tak se buurtspan ’n handjie te gee met hul herwinningsprojek, verfwerk by die Wierdabrug-polisiestasie en ’n skoonmaakprojek in Centurion. Dié gemeenskapsdiens is gedoen ter voorbereiding van spanlede se Presidentverkenner-toekenning.
Forum Nuus: Klein entrepreneurs met groot drome kom byeen
0
03:05

Forum Nuus: Klein entrepreneurs met groot drome kom byeen

Meer as 60 laerskoolleerders het AfriForum se jaarlikse Besigheidsbytjies-werkswinkel vir jong entrepreneurs in Centurion bygewoon. Hier het hulle by entrepreneurs geleer, hul eie produkte gemaak, kreatiewe name daarvoor uitgedink en geleer hoe om dit te bemark.
Solidariteit Beweging maak vyf antwoorde op die VSA se versoeke bekend
0
05:05

Solidariteit Beweging maak vyf antwoorde op die VSA se versoeke bekend

Die Solidariteit Beweging, waarvan AfriForum en Solidariteit deel is, het vandag tydens ’n mediakonferensie in Pretoria vyf antwoorde op die VSA se vyf versoeke bekendgemaak. Die Amerikaanse regering het verlede jaar vyf versoeke aan die Suid-Afrikaanse regering gerig oor kwessies wat ’n geskil tussen die twee lande ontketen het. Die Solidariteit Beweging se vyf antwoorde […]
Forum Nuus: Skole herwin reeds tonne vir AfriForum se Blink of Stink-kompetsie
0
04:07

Forum Nuus: Skole herwin reeds tonne vir AfriForum se Blink of Stink-kompetsie

Vyf laerskole in Potchefstroom en Rustenburg spook tans sake uit in AfriForum se Blink of Stink-herwinningskompetisie. Forum Nuus het by die huidige voorlopers Laerskool M.L. Fick gaan inloer om te sien hoe herwinning by hierdie skool aangepak word. Deelnemende skole het tot 16 Oktober om soveel moontlik te herwin waarna die wenskool met R30 000 […]
Forum Nuus: Amerikaanse ambassadeur besoek AfriForum
0
03:01

Forum Nuus: Amerikaanse ambassadeur besoek AfriForum

L. Brent Bozell III, die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, het vandag AfriForum se gemeenskapsveiligheidsentrum in Centurion besoek. Hy is tydens sy besoek aan verskeie AfriForum-projekte en veiligheidsvermoëns blootgestel. Bozell het tydens sy besoek daarop gewys dat hy hoop dat die Suid-Afrikaanse regering meer sal doen om saam met organisasies soos AfriForum en die gemeenskap te […]
Vervolging wag ook op Fikile Mbalula
0
03:58

Vervolging wag ook op Fikile Mbalula

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sal nou ook strafregtelik vervolg word ná hy Jaco Pieterse, voormalige hoof van Bergview College, as ’n kinderverkragter uitgekryt het.
Forum Nuus: Jong debatteerders beïndruk tydens Dink of Sink se nasionale finaal
0
04:22

Forum Nuus: Jong debatteerders beïndruk tydens Dink of Sink se nasionale finaal

Die Hoërskool Witteberg en Hoërskool Waterkloof is onderskeidelik as junior en senior wenners van vanjaar se nasionale finaal van die Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie aangewys. Deelnemers het oor ’n verskeidenheid onderwerpe binne die Suid-Afrikaanse konteks debat gevoer en hulle uitstekend van hul taak gekwyt.
Forum Nuus: AfriForum se Groenmaand-projek: Plant vetplante uit hul verknorsing
0
04:54

Forum Nuus: AfriForum se Groenmaand-projek: Plant vetplante uit hul verknorsing

AfriForum het vandag ’n projek vir die bewaring van vetplante afgeskop. Dit vorm deel van die burgerregteorganisasie se Groenmaand-projek en is daarop gemik om die publiek te mobiliseer om hul eie vetplante te kweek en vetplante – wat op ’n reuseskaal gestroop word – as’t ware uit hul verknorsing te plant.
Forum Nuus: Skryf nou in vir Entrepreneur van die Jaar-kompetisie
0
05:12

Forum Nuus: Skryf nou in vir Entrepreneur van die Jaar-kompetisie

Dinamiese entrepreneurs met winsgewende ondernemings wat al langer as 1 000 dae, maar minder as 10 jaar lank, sake in Afrikaans doen kan nóú inskryf vir AfriForum se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie. Groot pryse is op die spel. Volg hierdie skakel om meer uit te vind.
Forum Nuus: Spanne slaggereed vir Dink of Sink se finaal
0
04:25

Forum Nuus: Spanne slaggereed vir Dink of Sink se finaal

Die ses senior spanne wat na die eindstryd van vanjaar se Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie deurgedring het, is reeds besig om gereed te maak vir die nasionale finaal wat op 19 September in Pretoria plaasvind. Die tegnieke vir voorbereiding verskil, maar elke span het één doel voor oë – om die ander uit te stof!
Forum Nuus: Hoender-projek gee interkulturele vennootskap vlerke
0
02:43

Forum Nuus: Hoender-projek gee interkulturele vennootskap vlerke

AfriForum en die Batlharo Boo Tokwana Ba Ga Masibi-kultuurgemeenskap wes van Mahikeng in Noordwes het verlede week ’n gesamentlike lêhoender-projek van stapel gestuur. Hierdie projek is daarop gemik om ’n meer selfstandige gemeenskap te bou en ’n volhoubare inkomste te genereer.
Forum Nuus: Nuwe Akademia-kampus vorder fluks
0
04:30

Forum Nuus: Nuwe Akademia-kampus vorder fluks

Konstruksie aan Akademia se nuwe kampus in Pretoria-Oos vorder goed. Forum Nuus het gaan inloer by Francois van Vuuren, ontwikkelingsbestuurder by Kanton, om meer oor hierdie projek uit te vind.
Meisieshoër en Klofies seëvier in AfriForum-debatskompetisie
0
03:16

Meisieshoër en Klofies seëvier in AfriForum-debatskompetisie

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (span 1) en Hoërskool Waterkloof (span 1) het gister onderskeidelik in die junior en senior kategorie van die Gautengse been van die AfriForum Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie geseëvier. Dié spanne sal op 19 September in Centurion aan die nasionale eindstryd deelneem.