SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: Die pad na Selfbestuur
0
03:07

Forum Nuus: Die pad na Selfbestuur

Volgens prof. Koos Malan is daar kennis, wysheid en insig in Flip Buys se nuutste boek, Die pad na Selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuurboek. “Dit is tyd dat Afrikaners besef waar hul plek is en wat hulle te doen staan om daardie plek in te neem en vol te staan. Afrikaners is uitgelewer en […]
AfriForum Sakenetwerk: Die pad na moderne sakesukses
0
04:24

AfriForum Sakenetwerk: Die pad na moderne sakesukses

Meer as 70 besigheidsleiers het gister (22 Julie 2026) byeengekom vir AfriForum se Pretoria Sakenetwerk-geleentheid waartydens Juanita Vorster, ’n gesoute onafhanklike besigheidsadviseur met meer as 24 jaar ervaring, die pad na moderne sakesukses uiteengesit het.
Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – AfriForum besoek die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord
0
02:19

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – AfriForum besoek die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord

AfriForum het vandag die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord besoek as deel van hul Ankerdorppadskou. Tydens die besoek het die burgerregte-organisasie bome geplant en ingesamelde kos, speelgoed en komberse aan die diereskuiling oorhandig. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir groter Pretoria-Noord, is die aksie se doel om dié mense by te staan wat die harde werk moet doen om vir hawelose honde en katte te sorg. “AfriForum ondersteun graag die organisasie in sy doel om vir dié honde en katte ’n heenkome te wees en daarom wil ons graag help. Ons het besluit om bome te plant sodat die diere nie in die son hoef te lê nie en ook om kos en speelgoed in te samel wat Wollies sal help om na die diere om te sien,” sê Grobbelaar.
AfriForum skenk 42 ton voer aan boere in Williston
0
02:46

AfriForum skenk 42 ton voer aan boere in Williston

“Jy kan nie net kla oor politiek, plaasmoorde of die droogte in ons land en niks doen nie. Waar jy kan, moet jy ’n bydra lewer. Ons moet almal saamstaan.”Só meen Carel Joubert, een van verskeie AfriForum-lede wie se reusebydrae tot die noodfonds dit vir die burgerregte-organisasie moontlik gemaak het om 42 ton voer aan boere in die droogte¬geteisterde Williston-distrik te skenk.
AfriForum belig inmenging in sport internasionaal
0
02:15

R100 000 se slaggate by HS Waterkloof herstel – Forum Nuus

AfriForum se plaaslike tak in Pretoria-Oos het vandag ’n selfdoenaksie van stapel gestuur waartydens slaggate in en om Hoërskool Waterkloof herstel is. Dié projek beloop sowat R100 000. Die gemeenskap het die burgerregte-organisasie genader om dié munisipale diensleweringskwessie aan te pak. Marcus Pawson, hoof van plaaslike regering by AfriForum, het gesê die Tshwane Metroraad sal ook genader word om probleme rondom dienslewering te bespreek. “Die herstel van slaggate is vir ons ’n prioriteit en daarom wil ons ander gemeenskappe of skole wat soortgelyke probleme ervaar, aanmoedig om hul plaaslike AfriForum-tak te kontak.” Die skool het ook by monde van Daan Potgieter, skoolhoof, hul dank uitgespreek vir AfriForum se ingryping.
Icarus – Coenie de Villiers
0
01:12

Vyf in hof oor KFC-voorval

Vyf mans staan op ʼn aanklag van poging tot moord tereg in verband met die beweerde aanranding van ʼn egpaar by ʼn KFC-restaurant in Pretoria. http://maroelamedia.co.za/tag/kfc-voorval/
Forum Nuus: AfriForum se George-tak #VegEnBou vir sy gemeenskap
0
04:39

Forum Nuus: AfriForum se George-tak #VegEnBou vir sy gemeenskap

Hoewel AfriForum se takke in die Wes-Kaap nie dieselfde diensleweringsprobleme as die res van die land het nie, is dit vir die burgerregte-organisasie steeds belangrik om die gemeenskap op ander maniere te dien en ook seker te maak dat dié provinsie se owerhede aanhou om sy pligte na te kom. Die tak in George het […]
Forum Nuus: AfriForum skop ondersoek na vullisterreinkrisis af
0
01:58

Forum Nuus: AfriForum skop ondersoek na vullisterreinkrisis af

AfriForum het vandag sy vullisterreinouditprojek vir 2025 in Pretoria afgeskop met die oorhandiging van ’n versoekskrif aan die kantoor van Mamogala Musekene, adjunk-direkteurgeneraal vir Afvalbestuur by die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing.
Forum Nuus: Skryf nóú in vir gesogte Entrepreneur van die Jaar-kompetisie 21/06/2024
0
03:05

Forum Nuus: Skryf nóú in vir gesogte Entrepreneur van die Jaar-kompetisie 21/06/2024

AfriForum Sakenetwerk het gister hul jaarlikse Entrepreneur van die Jaar-kompetisie afgeskop. Inskrywings vir hierdie kompetisie, wat in samewerking met Akademia aangebied word, is reeds oop en sluit op 29 Julie. Die wenner van vanjaar se kompetisie stap weg met R50 000 kontant, asook ’n mediapakket van Maroela Media ook ter waarde van R50 000. Die […]
Forum Nuus: Affies en Durbanville wen in Dink of Sink- onvoorbereide debatkompetisie 09-10-2023
0
03:19

Forum Nuus: Affies en Durbanville wen in Dink of Sink- onvoorbereide debatkompetisie 09-10-2023

Vanjaar se AfriForum Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie het Saterdag by Leriba-koshuis in Centurion plaasgevind en agt skole het aan die finaal deelgeneem. In dié kompetisie word spanne vyf minute gegun om die onderwerp voor te berei voor die debat begin. Die beoordelaars was beïndruk met die deelnemers se goed deurdenkte argumente en vermoë om […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
03:00

Forum Nuus: Skryf nou in vir Orania se volksliedkompetisie 17-04-2023

Die Orania Kunsteraad (OKeR) het ’n kompetisie van stapel gestuur in die soeke na ’n volkslied vir dié Afrikaner-tuiste. Die eerste deel van die kompetisie is die skryf van die lirieke van die lied en dit sluit op 1 Mei. Digters, skrywers, taalliefhebbers en mense met ’n passie vir Afrikaans word aangemoedig om ’n lied […]
Forum Nuus: AfriForum pak uitdagings in Kroonstad
0
02:47

Forum Nuus: AfriForum pak uitdagings in Kroonstad

Alhoewel Kroonstad as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys is, bly die uitdagings groot. AfriForum is onder meer by verskeie skoonmaakaksies in die dorp betrokke, het speelgoed aan die jeugsorgsentrum geskenk en ’n aftreeoord gehelp om ’n groentetuin aan te plant. Daar word ook druk op die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen om dienslewering te […]
Forum Nuus: AfriForum Sakenetwerk bemagtig entrepreneurs met opleiding 23/06/2022
0
02:36

Forum Nuus: AfriForum Sakenetwerk bemagtig entrepreneurs met opleiding 23/06/2022

AfriForum Sakenetwerk het die afgelope week as deel van die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie opleidingsessies saam met Akademia aangebied. Dié sessies het verband gehou met belangrike aspekte van die entrepreneurswêreld. “Vir entrepreneurs om ’n volhoubare onderneming te bestuur is dit belangrik om konstant in jouself te belê en jouself te bemagtig met nuwe vaardighede,” sê […]
Forum Nuus: Colingy-2 op borgtog van R 20 000 elk vrygelaat
0
02:57

Forum Nuus: Colingy-2 op borgtog van R 20 000 elk vrygelaat

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte van Coligny, wat vroeër aan moord skuldig bevind is, is vandag op borgtog van R20 000 elk vrygelaat. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê “ons weet die mans is onskuldig en hulle verdien nie om ’n dag langer in die gevangenis te wees nie. Hulle is reeds 13 […]
Forum Nuus: AfriForum-buurtspan maak verskil in Knysna en omgewing 07-04-2026
0
02:13

Forum Nuus: AfriForum-buurtspan maak verskil in Knysna en omgewing 07-04-2026

AfriForum se Knysna-buurtspan maak reeds ’n reuseverskil om munisipale verval in Knysna en die omliggende gebied teen te werk. Dié span het al onder meer slaggate herstel, padtekens oorgeverf en openbare badkamers in Buffelsbaai herstel. Inwoners kan die herstel van ’n slaggat of die verf van padtekens borg. Besoek www.afriforumdienste.co.za om meer uit te vind.
Vervolging wag ook op Fikile Mbalula
0
03:58

Vervolging wag ook op Fikile Mbalula

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sal nou ook strafregtelik vervolg word ná hy Jaco Pieterse, voormalige hoof van Bergview College, as ’n kinderverkragter uitgekryt het.
Die reformatoriese wêreld vier 500 jaar hervorming: 1517-2017
0
02:19

Die reformatoriese wêreld vier 500 jaar hervorming: 1517-2017

Martin Luther het 500 gelede sy 95 stellings teen die misbruike in die kerk van sy tyd aan die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker. AfriForum Jeug het vandag klipstapel opgerig wat die Reformasie vier wat die begin van ons kerklike tradisies is.