SA-nuus605 Videos

Forum Nuus: Plaasaanvalslagoffers praat oor hul en trauma
0
04:18

Forum Nuus: Plaasaanvalslagoffers praat oor hul en trauma

AfriForum se traumaeenheid het verlede Vrydag hul ambassadeursfunksie ten bate van die slagoffers van plaasaanvalle en –moorde gehou.Tydens die geleentheid is die hartverskeurende en traumatiese ervarings van slagoffers gedeel. Die twaalf ambassadeurs is die oggend in Pretoria bederf en geleentheid gebied om na mekaar uit te reik en ’n ondersteuningsnetwerk te vorm. Die aandfunksie in […]
Forum Nuus: AfriForum se Bethlehem-tak vul slaggate om paaie te verbeter 06-06-2022
0
01:33

Forum Nuus: AfriForum se Bethlehem-tak vul slaggate om paaie te verbeter 06-06-2022

Die paaie in baie dorpe is in ’n haglike toestand en AfriForum-takke landwyd spring dikwels in om dit self te herstel. AfriForum se Bethlehem-tak het sedert Januarie vanjaar slaggate in dié dorp opgevul om die paaie rybaar en veiliger vir motoriste te maak. Die tak het reeds 60 ton teer gebruik en gaan steeds voort […]
Forum Nuus: #HardloopVirHoop Dag 2
0
03:45

Forum Nuus: #HardloopVirHoop Dag 2

Dag twee van AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid se #HardloopvirHoop-projek het vanoggend om 05:00 by die Frankfort-gholfklub begin. Bennie Roux en ander atlete het vandag 68 km gehardloop en in Reitz geëindig, waar leerlinge van Hoërskool Reitz hul verwelkom het en saam vanaf Wolweplaas tot by die skool gehardloop het. Dié atlete hardloop ten bate van AfriForum […]
Forum Nuus: Mtingwevu-gemeenskap meer selfstandig met AfriForum se hulp 25-11-2025
0
04:30

Forum Nuus: Mtingwevu-gemeenskap meer selfstandig met AfriForum se hulp 25-11-2025

AfriForum en Saai het met die kantoor van Nkosi Zweloxolo Stokwe en die Adopt-A-Village Landelike Voedselsekerheidsinisiatief hande gevat om ʼn saailingopleidingsessie vir die Mtingwevu-gemeenskap, naby Cala in die Oos-Kaap, aan te bied. Hierdie opleiding sal die gemeenskap in staat stel om self saailinge te groei en tot kommersiële boere te ontwikkel.