SA-nuus335 Videos
Polisievrou boer glo op foon terwyl mense wag
Die Gautengse polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn video aan die lig gekom het waar ʼn polisiekonstabel glo persoonlike sake doen terwyl inwoners staan en wag om gehelp te word. Lees meer: http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/video-polisievrou-boer-glo-op-foon-terwyl-mense-wag/
Steve Hofmeyr in ‘herrie’ oor nuwe musiekvideo
Steve Hofmeyr is Dinsdagoggend in die noorde van Pretoria “in hegtenis geneem” terwyl hy in spitsverkeer beeldmateriaal vir ʼn nuwe musiekvideo geskiet het. http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/steve-in-herrie-oor-nuwe-musiekvideo/
Las Vegas skietery
Die video is deur Drew Akiyoshi geneem en aan nuusagentskappe verskaf.
Mooinooi-skietery: Rassespanning waar jongman van borgtog hoor 2
Die Brits-landdroshof het Vrydag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van Matthew Benson (24), wat aangekla word van die moord op Tebogo Ndlovu (24) en poging tot moord op sy twee vriende. Video: Molaole Montsho/ANA
Mooinooi-skietery: Rassespanning waar jongman van borgtog hoor 1
Die Brits-landdroshof het Vrydag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van Matthew Benson (24), wat aangekla word van die moord op Tebogo Ndlovu (24) en poging tot moord op sy twee vriende. – Video: Molaole Montsho/ANA
Oppasser vas ná video van baba wat gegooi word
ʼn Baba-oppasser wat op beeldmateriaal vasgevang is waar sy ʼn nege maande oue baba hardhandig in haar bababed gooi, word nou van poging tot moord aangekla.
Omstanders plunder geldwa ná transitoroof
As dit geld reën moet jy skep. Dít is wat omstanders Maandagmiddag in Noordwes gedoen het kort nadat rowers op ʼn G4S-geldwa toegeslaan en dit glo van ʼn onbekende bedrag geld beroof het.
Onnies geskors ná bakleiery by KZN-skool
ʼn Video doen tans die ronde op sosiale media waarin daar gesien kan word hoe skoolseuns twee volwassenes, wie glo onderwysers is, oënskynlik in en voor ʼn klaskamer rondstamp.
Betogers maak amok; N4 gesluit
Die N4-snelweg buite Emalahleni (Witbank) is Vrydag, 18 Augustus 2017 gesluit nadat woedende betogers die pad met ʼn groot hoeveelheid steenkool en klippe versper het.
Motoriste trek man vas wat wil wegjaag ná ongeluk
Drie motoriste het Dinsdag saamgewerk om ʼn man te help aankeer wat van ʼn ongelukstoneel op die N1-snelweg in Centurion probeer vlug het.
Leerling glo by Hoërskool Parys aangerand
Die Hoërskool Parys in die Vrystaat betreur ʼn voorval wat Maandag in ʼn gr. 9-klaskamer by die skool plaasgevind het waarin een leerling glo ʼn ander aangerand het.
Skoolseun rand meisie aan
Die departement van basiese onderwys het gesê hy het met “afgryse en skok” bewus geword van ʼn gewelddadige video wat op sosiale media versprei word.
KFC-voorval: Vyf in hof
Vyf mans staan op ʼn aanklag van poging tot moord tereg in verband met die beweerde aanranding van ʼn egpaar by ʼn KFC-restaurant in Pretoria. http://maroelamedia.co.za/tag/kfc-voorval/
Vyf in hof oor KFC-voorval
Vyf mans staan op ʼn aanklag van poging tot moord tereg in verband met die beweerde aanranding van ʼn egpaar by ʼn KFC-restaurant in Pretoria. http://maroelamedia.co.za/tag/kfc-voorval/
Ondersoek ná polisielede glo net toekyk
Die SAPD het ʼn ondersoek van stapel gestuur na ʼn video wat wyd op sosiale media versprei word waarop gesien kan word hoe ʼn man aangerand word terwyl polisiebeamptes in uniform skynbaar net staan en toekyk.
Transitorooftog naby Nelspruit
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/selfde-rowers-dalk-betrokke-by-nog-n-transitorooftog/
Gyselaarsdrama in Kaapstad
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/fotos-en-video-gyselaarsdrama-in-kaapstad/
Skoliere se ‘boelie-video’ ondersoek
ʼn Wes-Kaapse hoërskool het gesê hy is bewus van ʼn video wat op sosiale media versprei word waarin daar gesien kan word hoe ʼn seunsleerder van die skool tydens ʼn oënskynlike rusie ‘n huilende meisie met ʼn voorwerp slaan en haar met iets gooi. Die video is digitaal gemanipuleer om die kinders se identiteit te […]
Nuwe wêreldrekord vir langste ‘drift’
ʼn Ambisieuse Jesse Adams, motorskrywer van The Star Motoring, het onlangs vir Toyota gevra of hulle hom sal help om die wêreldrekord vir die langste drift te oorskry.
Boer se ongewone ‘waghond’ maak opslae 2
Baie boere hou kwaai honde aan om hulle teen plaasaanvalle te beskerm, maar ʼn boer van die Hoopstad-distrik in die Vrystaat het ʼn stap verder gegaan om die veiligheid om sy plaas op te skerp. Snags loop ʼn volwasse leeumannetjie om Tobie Bird se plaashuis om hulle teen aanvallers te beskerm.
Boer se ongewone ‘waghond’ maak opslae
Baie boere hou kwaai honde aan om hulle teen plaasaanvalle te beskerm, maar ʼn boer van die Hoopstad-distrik in die Vrystaat het ʼn stap verder gegaan om die veiligheid om sy plaas op te skerp. Snags loop ʼn volwasse leeumannetjie om Tobie Bird se plaashuis om hulle teen aanvallers te beskerm.
knysna brand N2 middag
Toestande in die Eden-distrik wat Knysna insluit het vererger nadat stormsterk wind sedert Saterdag om 11:00 brande in die omgewing laat opgevlam en lugbestryding gekniehalter het. http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/video-knysna-brande-stormsterk-wind-belemmer-brandbestryding/
Knysna-brande
Toestande in die Eden-distrik, waaronder Knysna, het vererger nadat stormsterkte winde seder 11:00 brande in die omgewing opgevlam en lugbestryding gekniehalter het. Die video is Saterdag omstreeks 09:00 op sosiale media gedeel van die N2-snelweg buite Jeffreysbaai wat vir verkeer gesluit was.