AfriForum se traumaeenheid is in 2015 op die been gebring om slagoffers van geweldsmisdaad en hul naasbestaandes by te staan. Nagenoeg 250 mans en vroue is reeds opgelei as traumavrywilligers en is ingeskakel by AfriForum-buurtwagte oor die hele land heen. Dié netwerk staan gereed om in te tree waar dit nodig sou wees.
