Jan van Tonder se nuutste boek Sagie se Storie is gister vir die heropening van die Boekeplek en Kuierstoep bekendgestel. Van Tonder, die skrywer van Die kind en Roepman, het met die derde boek in die Sagie-reeks oor ’n periode van omtrent 40 jaar nou uiteindelik Sagie se storie klaar vertel. Soos met die ander twee boeke in die reeks laat Van Tonder se unieke skryfstyl die leser met baie om oor na te dink.
