Die Vredesverdrag van Vereeniging, wat op 31 Mei 1902 onderteken is om ’n einde aan die Anglo-Boereoorlog te maak, is gister met besoeke aan onder meer die Vredesmonument in Vereeniging en Melrosehuis in Pretoria herdenk. Verteenwoordigers van verskeie organisasies insluitend AfriForum en die FAK het die geleentheid bygewoon. Kranse is ook gelê om hulde te bring aan die mense wat tydens die oorlog gesterf het.
