Forum Nuus: AfriForum-takke en boerevereniging in KZN herstel slaggate op R33

Die AfriForum-takke in Vryheid en Paulpietersburg het hande gevat met die Kambula-boerevereniging om slaggate op die R33 te herstel. Hierdie projek is aangepak om die mense wat daagliks die pad gebruik se veiligheid te verbeter. Danksy ruim skenkings is 400 sakkies teer bekom om lewensgevaarlike slaggate op dié pad te herstel. Heelwat motoriste se voertuie is al weens die swak toestand van die pad beskadig. Volgens inwoners wat die pad daagliks gebruik is hierdie pad baie gevaarlik aangesien mense moet uitswaai vir die slaggate en dan dikwels in die aankomende verkeer se baan ry om die gate te mis. Hierdie projek vorm deel van AfriForum se nasionale slaggatprojek wat tot einde Junie duur. Klik hier om slaggate in jou dorp aan te meld en help om sodoende meer druk op munisipaliteite te plaas om hul verantwoordelikhede na te kom.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.