Forum Nuus: Geen getjommel met Bloemfontein se rommel 10/07/2024

AfriForum lewer sedert 2020 weekliks ’n vullisverwyderingsdiens aan inwoners van Bloemfontein aangesien die Mangaung-metro soms vir weke aaneen nie hierdie diens lewer nie. Die gebrekkige vullisverwydering het veroorsaak dat inwoners van privaat dienste gebruik maak sodat hulle vullis weekliks verwyder kan word. Die burgerregteorganisasie het buiten hierdie diens ook reeds meer as 650 AfriForum-lede van die Rosestad gehelp om vrystellingsaansoeke by die metro in te dien sodat hierdie inwoners, wat van privaat vullisverwyderaars gebruik maak, nie die metro ook nog betaal nie. Bloemfontein-inwoners wat van dié diens gebruik wil maak, kan by www.vullisverwydering.co.za registreer.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.