AfriForum se vierde nasionale kongres word die naweek by Buffelspoort gehou. Die boodskap is dat gemeenskappe in die lig van ’n onbevoegde regering, korrupsie, munisipale verval en agteruitgang vinniger planne sal moet maak om meer onafhanklik van die staat te wees. Gemeenskappe moet versnel en beheer van hul eie veiligheid, buurtwagte, kultuur, erfenis en eie instellings neem ten einde vir hulself ’n toekoms te verseker. #KomOnsVersnel #SkepSaamHoop #VegEnBou
