Forum Nuus: Nuwe aangrypende Anglo-Boereoorlogfilm wys daar is hoop

Die film Begrond, gegrond op die boek van dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het teatergangers gisteraand diep geraak én met trots op hul geskiedenis laat terugkyk. Die vertoning wat in die AfriForum Teater aangebied is, handel oor die verhaal van die Afrikaner se geskiedenis soos ervaar deur ’n familie wat daar was.

Dit steun sterk op ware gebeure uit die Anglo-Boereoorlog, die 1914-rebellie en die hede. “Dit is ’n verhaal waarmee mense vandag steeds kan vereenselwig en die boodskap is dat ondanks moeilike omstandighede, vandag ook, daar altyd hoop is,” sê Hermann.

Kyk die film hier: https://www.youtube.com/watch?v=0eaGFOxdeqU

(Visited 5 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.