Wimpie en Hess gaan Johannesburg toe met ‘n skooltoer. Bennie kom terug van die grens af en Maggie is verheug om haar “baba” weer by die huis te hê. Ouboet en Yollie wil see toe trek. Hendrik en Yollie se pa, Sarel, kry die blouaapstuipe en buurvrou Bettie het haar vinger op die pols van […]
Maggie vrees dat sy dalk weer kan verwag en daar is gerugte van ‘n skoolmeisie wat oor die tou getrap het. Maggie besluit dat dit tyd geword het dat Hendrik die feite van die lewe met Wimpie moet bespreek. Die gevolg, ‘n man-tot-man-gesprek.
Die 1980-jeugreeks “Trompie en die Boksombende” was vir baie jongmense van daardie tyd ‘n rolmodel deurdat die berugte Boksombende hul altyd vir reg en geregtigheid beywer het.
Daar is groot pandemonium op Nigel wanneer Tiger nie die rugbykaartjies vir die Springbokke teen die All Black se toets gekry het nie. Daar is net een kaartjie beskikbaar en almal wil hom hê. Frik, Tiger en 'n hele klomp ander word gearresteer.
Besigheid is traag en Frikkadel en sy mense vind uit dat Spiros 'n belly-dancer gehuur het om besigheid te bevorder. Frikkadel besluit om ook 'n vertoning te reel. Groot is sy verbasing as die Lolita Queen, Queen of Love, 'n ou meisie van hom is. Veral as Poppie uitvind begin die "poppe dans"
Frikkadel reel met die Sun City busbestuurder dat hulle by Eugene se curio-winkel sal stop sodat die toeriste kan curios koop, by die Vetkoekpaleis sal eet, en by Tiger se garage volmaak waar die toeriste ook sommer 'n draai kan loop. Sake loop egter skeef wanneer hulle by Eugene se winkel eet, 'n draai loop by die Vetkoekpaleis en vir Tiger waai wanneer hulle verby ry.
Frikkadel besef dat besigheid glad nie so maklik is nie. Om te kyk hoe hy besigheid kan bevorder nader hy 'n konsultant. Dit werk glad nie goed as hy besef dat die storie hom naby R10 000 (wat hy nie het nie) gaan kos.