Worsie word 'n wors, Daar is chaos by die Vetkoekpaleis wanneer Worsie vrouens ontdek. Frikkadel en Boeboe kan glad nie met hom praat nie en sy ma is ontsteld.
Frikkadel Delport begin sy eie take-away nadat hy by die werk gerasionaliseer is. Voor hy hom kon kry het hy twee onbeplande helpers aangestel wat sy eie idees oor sy besigheid beïnvloed.
Worsie vertel vir Frik dat hy alles van sy geboorte kan onthou.... Ella nooi die gemeente se dames vir ontbyt in die Vetkoekpaleis maar Frik en sy personeel het makietie gehou om die baba se koms te vier en die winkel is in chaos.
Sherridon word gekies om 'n valskermkursus te doen vir sy werk en Pelvic wil Boeboe op sy CD se omslag laat pryk as 'n rooi sebra. Tannie Gerty van Bloemfonteitn maak moles in die winkel. Wanneer 'n klomp toeriste die winkel wil besoek besluit Frik-hulle om dit te versier in 'n Afrika-styl. Alhoewel die kostuums die personeel nie aanstaan nie, verloop die geleentheid voor die wind.
Ella gaan maak ongenooid Worsie se woonstel skoon en gooi sy teddiebeer uit. Dit veroorsaak dat Frik vir Ella uit die winkel jaag. Ella vra die dominee om met Frik te gaan praat. Boeboe eindig op die dominee se skoot en gee ook sommer vir mevrou dominee bietjie raad om haar privaatlewe op te kikker.
Sherridon kry sy "parabat badge" en Frik begaan 'n foutjie met Ruben se melk. Pelvic word in die bad betrap met Tiffany. Sy probeer ook vir Frik en Worsie verlei. Worsie val daarvoor en kry boonop 'n fooitjie. Tiffany se donker geheim word ontbloot en Pelvic en Boeboe maak vrede.
Boeboe se vriend, Pelvic, kraak sy pelvis en Sherridon se niggie moet in die Vetkoekpaleis kom help. Mnr. Louw, die skoolhoof, bied Frik 'n goeie bedrag aan vir 'n vennootsjkap in die Vetkoekpaleis. Die personeel kom egter nie oor die weg met die nuwe vennoot nie en dit lei tot 'n vuisgeveg in die Vetkoekpaleis.
Frikkadel vra vir Worsie om "tydelik" die bevel by die Vetkoekpaleis oor te neem wanneer Fogele en Sheridon handgemee raak oor Boddy Lee by Hyper Hair.
Frikkadel se droom om ‘n rugbyspan af te rig word bewaarheid as hy die laerskool se eerstespan kan afrig. Boeboe se droom om te sing en ‘n CD te maak word ook bewaarheid.
Worsie, wil 'n roomyshoekie in die Vetkoekpaleis vestig maar Frik wil niks daarvan weet nie.
Die storie begin wanneer Frikkadel Delport sy eie take-away-besigheid begin, nadat sy werk personeel moes verminder. Hy huur vir hom assistente, met wisselende gevolge. Frik besef ook dat dit nie altyd so maklik is om jou eie besigheid te hê nie, veral nie as jy boonop ´n vrou het om gelukkig te hou nie!
Worsie en Frikkadel word vennote in 'n roomyshoekie in die Vetkoekpaleis. Alles verloop volt tot daar op 'n naam vir die hoekie besluit moet word.
Die storie begin wanneer Frikkadel Delport sy eie take-away-besigheid begin, nadat sy werk personeel moes verminder. Hy huur vir hom assistente, met wisselende gevolge. Frik besef ook dat dit nie altyd so maklik is om jou eie besigheid te hê nie, veral nie as jy boonop ´n vrou het om gelukkig te hou nie!
Worsie neem verlof en vlieg Margate toe vir sy vakansie, of so dink almal. Met sy terugkeer kan hy getuig dat die Sjinese polisie baie streng is! Selfs Teddie het onder hulle deurgeloop.
Ella word van diefstal beskuldig en Worsie kry so skaam dat hy nie weet waar om sy kop in te steek nie. Ella hou vol dat sy onskuldig is en dat sy die slafogger is van 'n oorywerige veiligheidwag en 'n apteken wat 'n wrok koester.
Worsie bestel vir hom 'n bruid per pos maar in Frik se naam. Die hare waai wanneer die agentskap vir Poppie bel om die bestelling te bevestig.
Die storie begin wanneer Frikkadel Delport sy eie take-away-besigheid begin,
Worsie sien ‘n balletopvoering by die Staatsteater en Poppie verwag van Frikkadel om haar ook te neem. Die kaartjies egter uitverkoop en die enigste persoon met kaartjies het, is Frik se neef Cedric.