


SAUK TV: Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 6 – Sakeman en Sakeplan
Frikkadel reel met die Sun City busbestuurder dat hulle by Eugene se curio-winkel sal stop sodat die toeriste kan curios koop, by die Vetkoekpaleis sal eet, en by Tiger se garage volmaak waar die toeriste ook sommer 'n draai kan loop. Sake loop egter skeef wanneer hulle by Eugene se winkel eet, 'n draai loop by die Vetkoekpaleis en vir Tiger waai wanneer hulle verby ry.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 11 – Die toeriste-inval
Sherridon word gekies om 'n valskermkursus te doen vir sy werk en Pelvic wil Boeboe op sy CD se omslag laat pryk as 'n rooi sebra. Tannie Gerty van Bloemfonteitn maak moles in die winkel. Wanneer 'n klomp toeriste die winkel wil besoek besluit Frik-hulle om dit te versier in 'n Afrika-styl. Alhoewel die kostuums die personeel nie aanstaan nie, verloop die geleentheid voor die wind.
Nommer Asb Seisoen 1 Episode 14
Episode 14 Nommer asseblief is die naam van ‘n Afrikaanse SAUK TV-reeks (1979–1980). Komedie geskep deur Albie Venter vir SAUK2. Hierdie gewilde Afrikaans reeks volg die lewens van die De Waal -familie, vriende en mededingers in die klein dorpie Overberg. Die skinderbek in die dorp, Tant Lissie, spandeer die grootste deel van haar dag deur […]
SAUK TV Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 5 – Die Mechanic, die bakkie, die trein en die koei
Frikkadel se probleme begin wanneer hy sy bakkie laat diens. Eers skryf hulle sy bakkie af en dan lieg hulle vir hom. Na groot drama en prokureursbriewe los hy die probleem op en hy kry 'n nuwe bakkie. Boeboe skryf eksamen en word uit 'n sertifikaat uit verneuk maar Worsie gee baie goeie raad. Asof dit nie genoeg is nie word Boeboe deur 'n jaloerse vrou bygedam.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 3 Episode 13 – Drome
Frikkadel se droom om ‘n rugbyspan af te rig word bewaarheid as hy die laerskool se eerstespan kan afrig. Boeboe se droom om te sing en ‘n CD te maak word ook bewaarheid.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 3 Episode 6 – Ella Fansella
Ella word van diefstal beskuldig en Worsie kry so skaam dat hy nie weet waar om sy kop in te steek nie. Ella hou vol dat sy onskuldig is en dat sy die slafogger is van 'n oorywerige veiligheidwag en 'n apteken wat 'n wrok koester.
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 3 Episode 9 – Kyk en Leer
Worsie oorweeg dit om sy 'pakket' te vat maar Frik vind dit uit en steek hom in die pad. Die hele familie staan egter bandvas agter Worsie, veral wanneer Frik 'n aanvallige meisie in Worsie se plek aanstel.
SAUK TV Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 2, Koop of Omkoop
Koop of omkoopDie Vetkoekpaleis maak oop vir besigheid en Frikkadel beleef die probleme wat daarmee gepaard gaan. Hy word deur 'n "gesondheidsinspekteur" besoek. Frikkadel is so op sy senuwees dat hy 22 vetkoeke verniet weggee. Na druk van Worsie en Boeboe besluit hy dat besigheid volgens die boek maar die beste is.
SAUK TV: Orkney Snork nie – seisoen 1 episode 6- Stink pap en stywe lyne
Oupa word gedagvaar en Hendrik berei voor vir die jaarlikse hengelkompetisie. Weens beweerde ongerymdhede moet Hendrik voor die tugkomitee verskyn, en Oupa maak so neffens die hof ‘n jakkalsdraai. Om alles te kroon is Maggie se nuwe mikrogolfoond in die gedrang – die eerste prys van die hengelkompetisie.
Nommer Asb Seisoen 1 Episode 12
Episode 12 Nommer asseblief is die naam van ‘n Afrikaanse SAUK TV-reeks (1979–1980). Komedie geskep deur Albie Venter vir SAUK2. Hierdie gewilde Afrikaans reeks volg die lewens van die De Waal -familie, vriende en mededingers in die klein dorpie Overberg. Die skinderbek in die dorp, Tant Lissie, spandeer die grootste deel van haar dag deur […]
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 3 Episode 3 – Ysbeertjie
Worsie en Frikkadel word vennote in 'n roomyshoekie in die Vetkoekpaleis. Alles verloop volt tot daar op 'n naam vir die hoekie besluit moet word.
Die storie begin wanneer Frikkadel Delport sy eie take-away-besigheid begin, nadat sy werk personeel moes verminder. Hy huur vir hom assistente, met wisselende gevolge. Frik besef ook dat dit nie altyd so maklik is om jou eie besigheid te hê nie, veral nie as jy boonop ´n vrou het om gelukkig te hou nie!
