0
23:33

Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 13 – Poppie is Op Pad

Poppie se werk stuur haar op 'n kursus na Durban. Frik is nie baie gelukkig wanneer hy uitvind dat sy die enigste vrou op die bus sal wees nie en koop vir haar 'n vliegtuigkaartjie. 'n Meisie wat saam met Worsie op skool was maak haar verskyning op die dorp en sy ma wil hê hy moet hom oor haar ontferm.
0
24:00

SAUK TV: Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 4 – Poppie se poppedans

Besigheid is traag en Frikkadel en sy mense vind uit dat Spiros 'n belly-dancer gehuur het om besigheid te bevorder. Frikkadel besluit om ook 'n vertoning te reel. Groot is sy verbasing as die Lolita Queen, Queen of Love, 'n ou meisie van hom is. Veral as Poppie uitvind begin die "poppe dans"
0
24:01

SAUK TV: Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 6 – Sakeman en Sakeplan

Frikkadel reel met die Sun City busbestuurder dat hulle by Eugene se curio-winkel sal stop sodat die toeriste kan curios koop, by die Vetkoekpaleis sal eet, en by Tiger se garage volmaak waar die toeriste ook sommer 'n draai kan loop. Sake loop egter skeef wanneer hulle by Eugene se winkel eet, 'n draai loop by die Vetkoekpaleis en vir Tiger waai wanneer hulle verby ry.
0
24:00

SAUK TV Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 2, Koop of Omkoop

Koop of omkoopDie Vetkoekpaleis maak oop vir besigheid en Frikkadel beleef die probleme wat daarmee gepaard gaan. Hy word deur 'n "gesondheidsinspekteur" besoek. Frikkadel is so op sy senuwees dat hy 22 vetkoeke verniet weggee. Na druk van Worsie en Boeboe besluit hy dat besigheid volgens die boek maar die beste is.