Bestel blomme aanlynOrder flowers online
image-.jpg
0

Duet – Jannie Moolman en Kevin Leo – Pretoria

Jannie Moolman en Kevin Leo gaan op n sentimentele reis oor dekades en deel met die gehoor al die groot gunstelinge wat die hart raak.

Datum:- 15 April 2018

Tyd:- 16h15

Prys:- R190.00 – R170.00


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood ?? SA Radio
image-.jpg
0

Kom ons onthou van die Legendes van Afrikaanse Musiek: Só word Lucas onthou

Hier is ’n hele paar dinge wat jy dalk nie van Lucas Maree geweet het nie.

Legendes van Afrikaanse Musiek fokus vandeesweek op die legendariese sanger en liedjieskrywer Lucas Maree. Lucas het in 2011 ’n jarelange stryd teen kanker verloor, maar word vandag nog onthou vir die liefde wat hy vir ander gewys het.

Sy vrou, Ilse, en twee van sy drie dogters onthou die legende só:

Lucas se vrou, Ilse
* Hy het “handyman”-werkies verpes en eerder gesê “bel iemand”, veral vir ’n verstopte dreinpyp.
* Hy was mal daaroor om skoon te wees en lekker te ruik, en het Clicks se rakke leeg gekoop as daar ’n lekkerruikgoed-uitverkoping was.
* Hy kon nie by ’n jas-, tas-, boek- of CD-winkel verbystap nie. Hy het nie daarvan gehou om saam te gaan inkopies doen nie, tensy daar ’n boekwinkel was (dan kon ons gaan shop en hom later by die boekwinkel kry).
* Hy was mal oor “ro

image-.jpg
0

Legendes van Afrikaanse Musiek: Hulde aan ’n goue oue: Gé Korsten

Gé Korsten-aanhangers sal verheug wees om te hoor dat Legendes van Afrikaanse Musiek afskop met die kollig op dié legendariese musiekswaargewig.

Hier is tien dinge wat jy dalk nie van Gé geweet het nie.

1) Hy is in Schiedam, Nederland, gebore.
2) Die eerste keer wat hy gesig gewys het op ’n verhoog was in die operette Lilac Time.
3) Hy is 1952 met Elna Burger getroud en daar is vyf kinders uit die huwelik gebore.
4) Gé se seun, Gérard Korsten, aardjie na sy vaartjie – dié is ’n internasionale violis en dirigent.
5) Wie sou kon raai dat Gé ’n opgeleide elektrisiën is.
6) Gé is die eerste Suid-Afrikaanse sanger wat meer as ’n miljoen plate verkoop het.
7) Sy grootste treffer en óók sy deurbraak in ligte musiek het gekom met die fliek, Hoor my Lied.
8) Gé het sy filmdebuut in die rolprent Kruger Miljoene gemaak.
9) In 1969 het hy ’n Europese Midem-toekenning ontvang as een va

image-.jpg
0

Stellenbosch Vergenoegd: A Taste of Belgium 6th edition

Get “A Taste of Belgium” at Vergenoegd Wine Estate!!!!! Ladies & gentlemen, get your taste of goods from the land of waffles and beers. The One & Only Belgian beer & food market festival in Cape Town area.

Date:- 14 April 2018

Time:- From 09:00 until 16:00

Price:- Free

This festival is brought to you by the Belgian Chamber of Commerce and the Belgian Consulate in Cape Town. It really doesn’t get more authentic than this… outside of Belgium. The food, the beer, the music and the goods on sale at the market will all hail from the land of chocolate, waffles, fries and beer. Lots of surprises to come, and you are sure to get hungry there!


Looking for a cosy place to stay nearby in Stellenbosch ?? SA Radio
image-.jpg
0

DZL se nuwe album sonder tierlantyntjies is hier

Suid-Afrika se aantreklikste sangduo is terug met ’n splinternuwe album, Realiteit, wat nie net gaan voortbou op die unieke alternatiewe country-popklank waarvoor hulle bekendheid verwerf het nie, maar ook die kieskeurigste musiek-oor tevrede sal stel.

DZL, wat bestaan uit Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, se tweede album is pas vrygestel en dié kombinasie van opgewekte deuntjies en hartroerende ballades beloof om aanklank te vind by oud en jonk. Die cd bestaan uit tien oorspronklike liedjies, waarvan twee deur die sangpaar self geskryf is, en sluit ook drie duette asook verwerkings van ou gunstelinge in.

“So baie van wat ons doen is in ons musiek en dit is ’n realiteit vir ons, want ons is wat ons sing en sing oor wat ons ervaar. Ek wil hê luisteraars moet hulself in ons liedjies herken. Dit gaan oor die daaglikse goed in die lewe, soos geloof, emosie, groei, uitdagings en opgewondenheid, wat ons almal elke dag ervaar,” verklap die

image-.jpg
0

Ontmoet vir Stèfan Bezuidenhout hy is binnekort op almal se lippe

Onthou byvoorbaat die naam Stèfan Bezuidenhout. Die 11-jarige van Pretoria gaan binnekort op almal se lippe wees, wanneer sy debuutalbum die winkelrakke tref.

Stèfan is tans ’n gr. 6-leerder aan die Laerskool Wierdapark. Nadat hy ’n sangkompetisie toe hy slegs nege jaar oud was, sing hy nou saam met bekendes soos Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Leah, Tarryn Lamb en Willem Botha.

Verlede jaar het die jong sanger ’n video op sy Facebook-blad gelaai waar hy Shawn Mendez se Mercy op ’n kalwerbord speel en sing. Die video is al meer as 1 miljoen keer gekyk en meer as 8 000 keer gedeel.

“Ons het glad nie gedink die video gaan soveel aftrek kry nie. Ek het sommer die video met my selfoon by die huis geneem,” het Dewald Bezuidenhout, Stèfan se pa, onlangs aan Maroela Media vertel.

Stèfan werk op die oomblik aan ’n Afrikaanse liedjie. Hy het ook verlede jaar opgtree tydens Classics is Groot en sal vanjaar weer by Clas

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 9 April 2018

Vernon Barnard, die sanger wat ‘Voel’ sing, het ‘n nuwe treffer, sy splinternuwe liedjie is “Alles om my”, die nuwe pop-liedjie betree hierdie week ons Top 20 op die 20ste posisie.

DZL en ADAM betree ook hierdie week ons Top 20. ADAM het die afgelope naweek hulle splinternuwe album “Bewe” bekendgestel. DZL se liedjie “Het jy al gelewe” is in posisie nommer 17 en ADAM met hulle liedjie “Haar vuur” is in posisie nommer 16. Loer hieronder na ‘n video van ADAM se liedjie “Haar vuur” in die Die Groot Ontbyt studio. Loer ook hier onder na die treffer van DZL “Het jy al gelewe”

Robbie Wessels & Bok van Blerk behou die nommer 1 posisie die week met hulle treffer “Die sluise van die hemel”.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise

image-.jpg
0

Stellenbosch Craft Beer Festival 2018

The Festival makes its annual return to the quaint student town. Lots of food trucks and live Music and naturally…CRAFT BEER!

Says the organisers of the event, Dawid Fourie, “we started the festival because we like beer and because there’s nothing like this in Stellenbosch.” Locals and visitors will have the opportunity to taste a wide selection of local brews, bound to sate the thirst of all beer lovers.

Date:- 14 April 2018

Time:- From 11:00 until 20:00

Price:- General Access with 500ml Beer Glass:
R 100 General Access with 500ml Plastic Cup:
R 85 Children (12-17):
R 60 Children under 12: Free

Festival-goers get to sample over twenty brews all under one roof. While no single beer-drinking experience is the same, the brews have distinctive flavours and textures so prepare yourself for a taste explosion. One will be able t

image-.jpg
0

Broer en Suster (tweeling) maak musiek saam

Van 2007 sing hierdie 24-jarige tweeling van die Noord-Kaap, akoestiese weergawes van ou bekende gunstelinge uit verskeie genrés wat wissel van pop/rock en country, tot gospel, Afrikaans en enige iets tussen in.

Melissa en Corrie Munnik deel nog altyd ’n liefde vir musiek, maar kon eers later in hul lewe ’n groep stig met die hulp van Port Nolloth se eie country-ster Magda De Waal, sowel as boeremusiek legende Cyril Swart.

Ten spyte van dié broer en suster se serebrale gestremdheid, speel Corrie vandag uitstekend kitaar en het hy en Melissa voortgegaan om hul passie uit te leef, maar ’n sangloopbaan gebeur nie oornag nie.

Na 8 jaar in wording, kry MC2 uiteindelik hul eerste amptelike optrede voor die publiek op die hoofverhoog van iStart2Sing se musiekfees vir diversiteit. Die geleentheid was aangebied deur Die Nasionale Raad vir Mense met Liggaamlike Gestremdheid in SA (NCPPDSA) op 31 Mei 2015 by Constitution Hill in Braamfontein, Johan

image-.jpg
0

‘N eerste snit tref ‘elke noot’ vir Emil Paul

Die nuweling, Emil Paul, se eerste enkelsnit wat Elke Noot, heet is onlangs vrygestel. Die genre van die snit kan beskryf word as ’n mengsel van pop en folk en is ’n nuwe, vars styl van Afrikaanse musiek.

Emil hoop dat mense sommer van die eerste noot sal wil dans. Hy hoop ook dat hulle die dieper betekenis sal hoor in sy lirieke en dat dit iets vir iemand sal beteken. Hopelik put hul sommer inspirasie uit die lirieke wat geskryf is deur Emil self.

Nie net skryf Emil graag sy eie liedjies nie, maar hy lewer ook insae in die vervaardiging daarvan. Hy is ook ’n kranige musikant in eie reg en bespeel ’n groot verskeidenheid instrumente o.a. klavier, ukulele, verskeie blokfluite, piccolo, trompet en kitaar.

Emil hoop dat die publiek sy enkelsnit gunstig sal ontvang. “Dit het ’n lekker klank en maak mens sommer lus om te sokkie, maar dit vertel terselfdertyd ’n storie waarmee mense heel moontlik kan identifiseer,” sê hy.

Volge

image-.jpg
0

Vredenburg: WESKUS KUIERFEES

Weskus Kuierfees op die Weskus Sportsgronde is ‘n MOET die jaar! Heeldag vermaak vir die hele gesin. Kom KUIER saam!!!

Datum:- 7 April 2018

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- Gratis


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Vredenburg ?? SA Radio
image-.jpg
0

Afrisaam Fees 2018: Groter as groot en meer!

Die jaarlikse Afrisaam Fees is vanjaar nóg groter en beter met kunstenaars soos, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Arno Jordaan, Deon Groot, Riana Nel, Jay, Karlien van Jaarsveld, Snotkop en Juan Boucher.

Die hoofverhoog se program skop dan om 13:30 met Ricky Faber, Arno van der Hoff, Deon Groot, Riana Nel, Juan Boucher, Karlien van Jaarsveld, Jay, Dirk van der Westhuizen, Snotkop en Steve Hofmeyr af.

Vanjaar kom kuier Sorina, ook as die Flooze bekend, saam en sal saam met Henry Bruinette as aanbieders optree.

Datum:- 8 Junie – 9 Junie

Tyd:- Hekke open om 17:00

Toegang:- Kontak kantoor vir pryse. Kontak nommer kan u onder aan die berig kry.

Daar is hope kindervermaak, ’n kindertuin-area met gekwalifiseerde oppassers, wat flieks, gesigverf, inkleur en meer aanbied, sowel as ’n speelarea met allerhande opblaas glybane, kastele “rockets” en ook die gewilde m

image-.jpg
0

Geraldine se tweede snit is een om nie te ‘mis’ nie

Geraldine Scholtz het geen bekendstelling meer nodig nie. Haar eerste enkelsnit, Sommer, ’n popliedjie uit die pen van die bekroonde skrywer Johan Oberholzer, is gedurende Augustus 2017 uitgereik en het vir meer as sewe maande bo-aan die trefferperades van talle radiostasies landwyd gepryk.

Die musiekvideo vir hierdie liedjie was ook vir byna sewe weke op die kykNET Top 20 se ranglys en het sy beslis met die intrapslag gewys waarom Suid-Afrikaanse luisteraars en gehore gaande is oor haar.

Hierdie blonde, blou oog talent van die Laeveld het groot drome en gryp elke goeie geleentheid wat haar pad langs kom aan met dankbaarheid. Geraldine se musiek is baie eerlik en sy deel graag haar hart met luisteraars. Sy streef daarna om iets vars na die mark te bring, waarna alle ouderdromsgroepe kan luister en geniet.

Haar splinternuwe enkelsnit, Mis, uit die pen van Johan Oberholzer en vervaardig deur Robin Kielly, word hierdie week op radiostasies la

image-.jpg
0

Hopefield: Swembad-vol Water-Insameling saam met Armand Hofmeyer

Saam met ons SPORE-INI-SAND Fees en Armand Hofmeyer wat heeldag sing, samel ons waterbottels in ten bate van Toerisme!

Datum:- 1 April 2018

Tyd:- Heel dag

Toegang:- R20 P.P. kinders gratis

Die dorp is in 1852 op die plaas Langekuil gestig. Dit het in 1914 ‘n munisipaliteit geword. Na twee mense wat dit uitgelê het, is Major William Hope, Ouditeur-generaal en ‘n Mnr. Field.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Hopefield SA Radio
image-.jpg
0

Daar is ‘n lekker bederfie vir Brendan Peyper se aanhangers

Die spiertier sanger, Brendan Peyper, bederf sy aanhangers weer ’n keer. Voor die uitreiking van ’n nuwe album, reik hy weer ’n eksklusiewe weergawe van sy huidige album, Hy Loop Oop, uit.

Nes sy vorige eksklusiewe uitreiking van sy debuut-album, Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie, kan aanhangers uitsien na verskeie verrassing. Die eksklusiewe album bevat twee nuwe snitte en ’n data disc met drie musiekvideo’s asook aflaaibare muurpapier vir jou rekenaar.

Die twee nuwe snitte heet, Klim Jou Everest, en We Got Forever. Eersgenoemde is ook sy nuwe enkelsnit wat binnekort op radiostasies reg oor die land gehoor sal kan word.

Brendan het ook die liedjie vir die eerste keer lewendig opgevoer tydens vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn. Facebook-gebruikers is gaande oor die liedjie en het met verskeie hartjiegesigies emoticons gereageer.

“Sjoe, ongelooflik. Geen woorde op die oomblik,” het een van sy aanha

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 3 April 2018

Die sangeres Elizma Theron is terug!! Sy het ‘n splinternuwe enkelsnit, “Marilyn Monroe”. Die musiekvideo wat saam met die enkelsnit bekend gestel is, is besonders aangesien die sangeres se ma, sussie en vriendin teenoor haar in die musiekvideo vir die liedjie speel. Elke dame kan soos Marilyn Monroe voel. Sy betree die Top 20 op posisie nommer 19.

Na slegs ‘n week op die nommer 1 posisie, maak Appel plek vir Bok van Blerk en Robbie Wessels se duet “Die Sluise van die Hemel”.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
2. Appel – “Boer loop deur my are”
3. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
4. DECA en Len Muller – “Oorwin”
5. Elandré – “Die lyn”
6. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
7. Kurt Darren – “Haal asem”
8. Jo Blac

image-.jpg
0

Lekkerland 2018 karnaval: Groter, beter en nóg lekkerder!

Jou gunsteling karnaval is terug; King Price-versekering en kykNET, in samewerking met Matchbox Live, keer terug na Dullstroom vir die tweede aflewering van Lekkerland Carnival op 7 April 2018.

Vanjaar se Lekkerland Carnival beloof om groter, beter en lekkerder as verlede jaar te wees. Kunstenaars soos Karen Zoid, Matthew Mole, Refentse, Adelle Nqeto, Bouwer Bosch en The Barbosa Experience sal tydens dié fees optree.

Die fees is familievriendelik en het selfs ’n kinderarea. Die BDI Street Performance Troupe gaan ook sorg vir hope vermaak. Natuurlik sal daar verskeie stalletjies, karnaval kos en ’n kroeg beskikbaar wees.

Die gewilde Mpumalanga-dorpie, Dullstroom, met sy interessante winkels, kunsgalerye, restaurante, bergpaaie en ongelooflike natuurskoon sal weer eens die tuiste vir hierdie unike karnaval wees. Dullstroom is sowat twee en halfuur se ry van Johannesburg en Pretoria, wat dit die perfekte naweekwegbreek vir enige gesin maak.

image-.jpg
0

Sangeres Elizma Theron straal helderder as óóit

Vandag se vroue is te gereeld so totaal oorweldig deur dinge om te doen en ander om tevrede te stel, dat hulle te min tyd neem om na hulself om te sien en hulle werklike waarde en potensiaal besef.

Die polsende nuwe enkelsnit van Elizma Theron, Marilyn Monroe, is oorgehaal om vroue van oraloor tot stilstand te bring, deeglik in die spieël te laat kyk, die vonk binne hulself te laat herontdek en met hernude lewenslus die wêreld op sy kop te draai!

Dis ’n energiebelaaide, pop-rock snit met lewenslustige lirieke, seepgladde harmonieë, sterk elektriese kitaar tema en aansteeklike ritmes wat jou, hakskoene en al, op maat van die musiek sal laat laat saamdans – propvol selfvertroue en reg om die dorp behoorlik rooi te verf!

Oor die snit sê Elizma: “Marilyn Monroe ’n liedjie is vir elke vrou, ongeag van hoe jy lyk, wat jou agtergrond is, hoe oud of jonk jy is, of die grootte van jou klere.”

“Marilyn Monroe was die toonbeeld van s

image-.jpg
0

Adam optrede te Weiveld in Pretoria area. Lekker Langarm Musiek Saterdagaand!

Weiveld is Pretoria se Nuutste, Grootste en Beste Kuierplek. Weiveld is elke Vrydag en …Saterdagaand oop vir lekker kuier en die BESTE in langarm musiek.

Datum:- 6 April 2018

Toegangs prys:- R 50 en deure open 19:00,
tensy anders aangedui.

Daar tree ook kunstenaars van tyd tot tyd op en kaartjies vir hierdie geleenthede is beskikbaar by itickets.co.za. Alle informasie rakende hierdie optredes verskyn ook by itickets.co.za en kaartjiepryse wissel.

image-.jpg
0

Georic Lomas se debuutalbum op pad, kyk uit daarvoor!

Dit was die jaar 2013, en tussen al die bekendes in die rolverdeling van die gewilde musiekfilm, As Jy Sing, het ’n nuweling die oog en die oor gevang.

Amper 4 jaar later en Georic Lomas het nie net ’n getroue groep bewonderaars opgebou nie, maar na die uitreiking van sy eerste treffer, Bazaruto, hier teen die einde van verlede jaar, kom die opwindende nuus dat sy debuutalbum binnekort op die rakke sal wees.

Maar voor die CD die winkels gaan tref teen Junie, sal ’n paar liedjies vanaf die album, getiteld Silhoeët, reeds vanaf 17 Maart beskikbaar wees op iTunes en Apple Music. Silhoeët sal 14 liedjies in totaal bevat met Johan Vorster, Christoph Kotzé en Georic homself wat pen op papier neergesit het.

Die eerste liedjie wat nou aan radiostasies gestuur sal word heet Die Leeu, en is ’n lekker vinnige dansnommertjie wat gewild sal wees onder almal wat jonk en jonk van gees is. Daar word ook reeds beplan aan die musiekvideo vir die liedj

image-.jpg
0

Juan Boucher breik Goue status

Juan Boucher se nuutste album Onthou Jy Om Jonk’ het in minder as drie maande goue status behaal.

En watter meer gepaste manier was dit, om dit saam met die bekendstelling van ’n splinternuwe video Onthou Jy Om Jonk’ te vier. Loer hier onder na die musiekvideo.

Die spesiale geleentheid is onlangs in samewerking met Jukebox op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) uitgesaai. Die video het in minder as 48 uur reeds meer as 7000 trefslae gespog.

Juan se nuwe album is nog steeds in die top 40 op nasionale verkope en is besig om weer teen die ranglyste op te beweeg. Met ʼn bykans volsbespreekte dagboek is Juan oortuig die album het nog nie naastenby sy volle potensiaal bereik nie.

Juan Boucher is in 2017 aangewys as die mees gewildste manlike kunstenaar (soos gekies deur die publiek) by die Ghoemas 2017.

image-.jpg
0

Cape Town: Strongbow Private Affair

It’s 2018 and your favorite 90’s and 00’s party is back!!! We doing what we do best – bringing you the sweetest Hip Hop and R&B from years gone by and delivering a production that will blow your mind.

Date:- 31 March 2018

Time:- From 19:00 until Late

Price:- R200-R300 P.P.

We are throwing it back to the golden age of Hip Hop and R&B, taking it back to a time of house parties, walkman and cassettes. We are going back to a time when you watched videos not DVDs, when it was all about Naughty By Nature, Brandy, MJ and a Tribe Called Quest.

We are bringing you a party that is all about the music we grew up loving, the music that they just don’t seem to make any more. The music that made us, who we are.

– Expect a mind blowing stage setup with quirky and innovative visuals that will have you reminiscing like never before.

R

image-.jpg
0

Kom geniet Minibos-konsert te Nelspruit

Die jaarlikse gratis loodskonsert van Innibos, oftewel Minibos. Kranige feesgangers word genooi om te kom kyk, luister en saam te kuier, want die organiseerders gaan presies wys hoe Innibos rol vanjaar.

Datum:- Vrydag, 11 Mei, om

Tyd:- 17:30 tot laat

Bok van Blerk, Touch of Class en Willem Botha gaan die feesgees aanwakker, en vir dié wat ’n vleisie op die kole wil gooi, word daar genoeg braaiplekke voorsien.

Die Minibos-konsert is maar net die afskop van ’n besige feesskedule.


Is u opsoek na ‘n plekkie naby om te oornag?? SA Radio
image-.jpg
0

Camille:- Amerikaanse meisie sing in Afrikaans!

Camille van Niekerk is ‘n sanger en vokale instrukteur in Ventura, Kalifornië. Sy is lief vir die deel van die skoonheid en vreugde van musiek met ander, hetsy deur prestasie of onderrig.

Camille het op die ouderdom van sewe begin studeer en in musicals begin presteer. Sy het gedans, gerangskik en gespeel soos rolle in Belle in die Skoonheid en die Bees, Chiffon in Klein Winkel van Horror, en Gabriella in Hoërskoolmusiek. In 2010 het Camille begin werk aan haar BA in Musiekopvoeding aan die Azusa Pacific University, waar sy klassieke stem bestudeer het met Rebecca Genzink en jazzstem met Kristin Korb en John Proulx. Camille het op die top van haar klas met ‘n 3,98 GPA geslaag. Sy het toe haar onderrigkwalifikasie van die San Diego State University verdien en klas- en instrumentale musiek aan die klas geleer. Kort nadat sy na die LA-land verhuis het, het Camille haar privaat vokale ateljee begin, met vokale afrigting, ooropleiding en opname vir s