‘N eerste snit tref ‘elke noot’ vir Emil Paul

Die nuweling, Emil Paul, se eerste enkelsnit wat Elke Noot, heet is onlangs vrygestel. Die genre van die snit kan beskryf word as ’n mengsel van pop en folk en is ’n nuwe, vars styl van Afrikaanse musiek.

Emil hoop dat mense sommer van die eerste noot sal wil dans. Hy hoop ook dat hulle die dieper betekenis sal hoor in sy lirieke en dat dit iets vir iemand sal beteken. Hopelik put hul sommer inspirasie uit die lirieke wat geskryf is deur Emil self.

Nie net skryf Emil graag sy eie liedjies nie, maar hy lewer ook insae in die vervaardiging daarvan. Hy is ook ’n kranige musikant in eie reg en bespeel ’n groot verskeidenheid instrumente o.a. klavier, ukulele, verskeie blokfluite, piccolo, trompet en kitaar.

Emil hoop dat die publiek sy enkelsnit gunstig sal ontvang. “Dit het ’n lekker klank en maak mens sommer lus om te sokkie, maar dit vertel terselfdertyd ’n storie waarmee mense heel moontlik kan identifiseer,” sê hy.

Volgens Emil soek mense soms antwoorde in die lirieke van liedjies, en met Elke Noot hoop hy mense sal weer glo aan die liefde. Hy vertel dat dié liedjie baie vir hom beteken omdat hy self gesukkel het met die konsep van vertroue in ’n verhouding nadat hy seergekry het.

Loer hier na die nuwe liedjie:- Emil Paul – ‘Elke Noot’

(Visited 35 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator: SA Radio

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.